Page 340 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 340

 Uitgebreide persoonlike aanspreeklikheid
  UITGEBREIDE PERSOONLIKE AANSPREEKLIKHEID
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skade waarvoor die Versekerde in sy/haar private hoedanigheid regtens aanspreeklik is om te betaal, voortspruitend uit die toevallige dood of liggaamlike besering of siekte van enige persoon (hierna besering genoem) of die toevallige verlies van, of fisiese skade aan tasbare eiendom (hierna skade genoem) wat plaasvind gedurende die versekeringstydperk op enige plek in die wêreld, maar nie ten opsigte van enige uitspraak, vergoeding, betaling of skikking wat gemaak is binne lande wat onderhewig is aan die wette van die VSA of Kanada nie (of aan enige bevel wat op enige plek in die wêreld uitgereik is om sodanige uitspraak, vergoeding, betaling of skikking hetsy in geheel of gedeeltelik af te dwing), gedurende die Versekeringstydperk tot die omvang waarvan:
1. sodanige aanspreeklikheid nie ingevolge die Omskrewe Gebeurtenisse en/of Algemene Voorwaardes of Bepalings van hierdie Onderliggende Versekering skadeloos gestel kan word nie;
of
2. sodanige aanspreeklikheid weens 'n Uitsondering in enige Onderliggende Versekering nie skadeloos gestel kan word nie;
of
3. die bedrag van sodanige aanspreeklikheid die Perk van die Onderliggende Versekering oorskry en die Maatskappy die volle bedrag betaal, of aanspreeklikheid daarvoor erken het, of verantwoordelik gehou is om dit te betaal, wat vir doeleindes van hierdie Polis geag word om 'n minimum van R500 000 (vyf honderd duisend rand), maar R1 000 000 (een miljoen rand) ten opsigte van Motor- en/of Vaartuigaanspreeklikheid te wees;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as die gegewe skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule, minus die eerste bedrag betaalbaar waarvoor die Versekerde aanspreeklik is, te betaal nie, onderworpe aan die Bepalings, Uitsonderings, Voorwaardes en Endossemente van hierdie Polis.
OMSKRYWINGS
Ten einde die skadeloosstelling ingevolge hierdie Afdeling vas te stel, sal die onderstaande begrippe die volgende betekenis dra:
1. Onderliggende versekering
“Onderliggende versekering” beteken ʼn bestaande versekeringspolis van krag by: 1. Die Maatskappy wat een of meer van die volgende in sluit:
1.1 Persoonlike aanspreeklikheid;
1.2 Eiendomseienaars-aanspreeklikheid; 1.3 Huurders-aanspreeklikheid;
1.4 Motor-aanspreeklikheid;
1.5 Vaartuig-aanspreeklikheid
ten opsigte van die huur, verhuring of besit van enige motorvoertuig deur die Versekerde, of vaartuie of eiendom in besit van die Versekerde, buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië of Botswana.
2. Skadeloosstellingsperk
Die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy vir alle bedrae betaalbaar kragtens die Omskrewe Gebeurtenisse en wat nie die gegewe skadeloosstellingsperk vermeld in die Skedule sal oorskry nie.
 Bladsy | 338 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022












































































   338   339   340   341   342