Page 337 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 337
Persoonlike aanspreeklikheid
OMSKRYWINGS
Ten einde die skadeloosstelling ingevolge hierdie Afdeling vas te stel, sal die onderstaande begrippe die volgende betekenis dra:
Versekerde
1. die eersgenoemde party vermeld in die Skedule, hierna genoem die Benoemde Versekerde;
2. die Benoemde Versekerde word uitgebrei om in te sluit:
2.1 enige eggenoot, lewensmaat of lid van dieselfde huishouding van die Benoemde Versekerde, terwyl hy/sy in die verloop of namens die Benoemde Versekerde optree;
3. in geval van die dood van die Benoemde Versekerde, die persoonlike ver- teenwoordigers van die Benoemde Versekerde ten opsigte van aanspreek- likheid aangegaan deur die Benoemde Versekerde
Liggaamlike besering
Persoonlike besering
liggaamlike besering, die aantasting van die reg op privaatheid, diskriminasie, laster, naamskending, onregmatige inhegtenisneming, aanhouding, gevangenisskap, uitsetting of onregmatige beskuldiging van winkeldiefstal
Eiendom
tasbare eiendom, behalwe in Onderafdeling 1 van hierdie Afdeling van die Polis waar dit die reg op lig, lug en water insluit, maar, om twyfel te vermy, nie inligting (insluitend elektronies gestoorde inligting), intellektuele eiendom, of nie-tasbare eiendomsreg van enige aard of enige waarde daaraan geheg, insluit nie
Gebeurtenis
enige een gebeurtenis, of alle gebeurtenisse van ʼn reeks na aanleiding van, of toeskryfbaar aan, een oorspronklike oorsaak insluitend, maar nie beperk nie, tot een of meer gebeurtenisse van liggaamlike of persoonlike besering, of verlies van, of skade aan eiendom, en sal as een enkele gebeurtenis beskou word, ongeag die getal beseerde partye, werklike eisers, potensiële of wesenlike eisers, en of die eis deur ʼn klas-aksie of individueel deur die betrokke eisers ingestel is
Skadeloosstellingsperk
die totale aanspreeklikheid van die Maatskappy vir alle bedrae betaalbaar kragtens die Omskrewe Gebeurtenisse en sal nie die gegewe bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie.
Indien ʼn gebeurtenis aanleiding gee tot ʼn eis of ʼn reeks eise wat die onderwerp van skadeloosstelling vorm onder meer as een geldige afdeling van hierdie Afdeling van die Polis, sal die algehele bedrag van die Maatskappy se aanspreeklikheid ten alle tye beperk wees tot die grootste skadeloosstellingsperk beskikbaar onder enige een van die geldige afdelings in hierdie Afdeling van die Polis wat skadeloosstelling vir die eis of ʼn reeks eise kan bied.
Die skadeloosstellingsperk sal na gelang van die Skedule bepaal word of sodanige ander perk wat van toepassing mag wees kragtens ʼn endossement of spesifieke onderafdeling-perk in hierdie Afdeling van die Polis uiteengesit
Eerste bedrag betaalbaar
die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, wat die Versekerde vir elke gebeurtenis sal betaal ten opsigte van alle skade, die eiser se koste en uitgawes en Regs- verdedigingskoste (insluitend ondersoekkoste, behalwe die maatskappy se eie salaris en ander interne koste), voordat die Maatskappy aanspreeklik sal wees om enige betaling kragtens hierdie Afdeling van die Polis te maak
dood, besering, siekte of aansteeklike siekte; en besering mag ook senu-skok, sielsangs of geestessiekte insluit
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 335