Page 328 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 328
Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
10. verlies van of skade aan boot/bote wat nie permanent met die naam van die moedervaartuig wat onder hierdie Afdeling verseker is, gemerk is nie;
11. verlies van of skade aan die vaartuig/vaartuie wat toe te skryf is aan versteekte voorwerpe onder die water.
ONDERAFDELING B – AANSPREEKLIKHEID TEENOOR DERDE PARTYE (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
OMSKREWE GEBEURTENISSE
Enige ongeval veroorsaak deur, of deur middel van, of in verband met, enige vaartuig wat in die Skedule beskryf word, en waarvoor die Versekerde en/of enige passasier regtens aanspreeklik word om alle bedrae, insluitende die eiser se koste en uitgawes, te betaal ten opsigte van:
1. dood of liggaamlike besering van enige persoon, maar met uitsluiting van dood of liggaamlike besering van enige persoon in die diens van die Versekerde, wat ontstaan uit, en in die loop van sodanige diens, of iemand wat ʼn lid van dieselfde huishouding of familie is as die Versekerde;
2. skade aan ander eiendom as die eiendom wat aan die Versekerde behoort, insluitende verlies of beskadiging van landingshoofde, dokke, kaaie en hawehoofde en die poging om die werklike uitligting, verwydering of vernietiging van die wrak van die vaartuig, of versuim of mislukking om dit uit te lig, te verwyder, of te vernietig, of enige ander skade wat voortspruit uit die gebruik van, of veroorsaak word deur die vaartuig, sleepwa of enige ander eiendom in die Skedule beskryf.
Die Maatskappy sal ook, ingevolge en onderworpe aan die beperkings van en vir die doeleindes van hierdie Onderafdeling:
3. alle koste en uitgawes betaal wat met hulle skriftelike toestemming aangegaan is, en sal daarop geregtig wees om na hul goeddunke te reël vir verteenwoordiging by enige doodsondersoek, of ondersoek ten opsigte van enige dood wat die onderwerp van skadeloosstelling ingevolge hierdie Onderafdeling mag wees, of vir die verdediging in enige landdroshof van enige strafregtelike vervolging ten opsigte van enige handeling wat enige gebeurtenis veroorsaak, of daarmee verband hou, wat die onderwerp van skadeloosstelling ingevolge hierdie Onderafdeling mag wees;
SKADELOOSSTELLINGSPERKE
Die Maatskappy se algehele aanspreeklikheid ingevolge hierdie Onderafdeling, hoogstens die skadeloosstellingsperk beloop wat vermeld word in die Skedule
SPESIFIEKE VOORWAARDES (van toepassing op Onderafdeling B)
1. Ten opsigte van plesiervaartuie alleenlik
Die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van:
1. die toevallige dood en/of liggaamlike besering en/of siekte; en/of
2. die toevallige verlies van, of skade aan eiendom; en/of
3. koste en/of uitgawes
sal beperk wees tot die bedrae hieronder uiteengesit ten opsigte van enige een ongeluk of reeks ongelukke veroorsaak deur, of wat ontstaan uit enige een gebeurtenis of voorval:
Aanspreeklikheid
Skadeloosstellingsperk
R1 000 000 R1 000 000
Of die gegewe perk vermeld in die Skedule van toepassing op elke Uitbreiding watter ook al die meeste is
In geheel vir 1, 2 en 3 hierbo
Teenoor Derde partye
Teenoor Passasiers
Teenoor en/of van Water- of Valskermskiërs indien spesifiek verseker
R1 000 000
Koste en Uitgawes
R10 000
Bladsy | 326
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022