Page 325 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 325

 Motorbote, seiljagte en klein vaartuie
 3. brand, self-ontsteking, weerlig, aardbewing en ontploffing;
4. storm, orkaan en vloed;
5. diefstal of enige poging daartoe;
5.1 die hele vaartuig en/of die vaartuig se boot/bote en/of sleepwa;
5.2 die vaartuig en/of boot/bote en/of sleepwa en/of masjinerie en/of die los en vaste toebehore en/of toerusting daarvan insluitende buiteboordmotor(s) en die eiendom meer spesifiek in Onderafdeling B van die Skedule beskryf;
MET DIE VERSTANDE DAT:
sodanige diefstal gepaard moet gaan met wesenlike, gewelddadige en sigbare tekens van toegang tot of verlating van:
1. onbewaakte vaartuie, motor- of ander voertuie;
2. huishoudelike buitegeboue wat nie met enige private woning regstreeks verbind is nie of terwyl in enige ander bergingsplek;
3. buiteboordmotor(s) terwyl geheg aan die vaartuig; MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige buiteboordmotor(s) behoorlik aan die versekerde vaartuig of die boot/bote geheg is deur 'n diefstal afwerendetoestel bo en behalwe die gewone wyse van aanhegting;
6. die af- of oorboordval van die versekerde vaartuig se buiteboordmotor(s); MET DIEN VERSTANDE DAT:
dit behoorlik vasgemaak is aan die versekerde vaartuig by wyse van 'n ketting of ander veiligheidstoestel bo en behalwe die gewone wyse van aanhegting;
7. lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daarvan of daaruit val.
SKIKKINGSGRONDSLAG
In die geval van verlies van, of skade aan eiendom soos vermeld in die Skedule sal die grondslag van skadeloosstelling as volg wees:
1. Skadeloosstellingsperk
Die skadeloosstellingsperk vir elke soort vaartuig is soos in die Skedule vermeld en sal die maksimum bedrag wees wat deur die Maatskappy betaalbaar is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir glinsterverf en/of sierkuns en/of ander soortgelyke afwerking tensy dit spesifiek in die Skedule vermeld word dat die skadeloosstellingperk vir sodanige herstel voorsiening maak en die Versekerde die vereiste premie daarvoor, betaal het nie;
2. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir onherstelde skade bykomend tot 'n daaropvolgende algehele verlies opgedoen gedurende die versekeringstydperk in die Skedule vermeld nie.
2. Herstel, herinstel of vervang
2.1 Die Maatskappy mag na goeddunke en sy eie keuse, sodanige vaartuig, of enige deel daarvan en/of die toebehore en onderdele daarin of daarop, herstel, herinstel of vervang of die bedrag van die verlies of skade kontant betaal tot hoogstens die bedrag in die Skedule vermeld of die redelike markwaarde van sodanige vaartuig, wat ook al die minste is.
2.2 Indien die Maatskappy sodanige vaartuig vervang of herinstel, sal die Maatskappy die keuse hê om eienaarskap van die vaartuig te neem.
3. Redelike markwaarde
Indien die vaartuig in sy geheel vernietig is, sal die Maatskappy die markwaarde van die vaartuig direk voor die ongeluk én die koste van verwydering van die beskadigde vaartuig betaal, minus die waarde van die oorblyfsels.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 323







































































   323   324   325   326   327