Page 320 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 320

 Tydelike algehele ongeskiktheid – siekte
Hierdie Afdeling is uitgebrei om Tydelike Algehele Ongeskiktheid van die Versekerde Persoon in te sluit, wat veroorsaak is deur siekte of kwale wat aan die liggaam opgedoen is, en aanvang geneem het na die inwerkingtreding van hierdie Afdeling, onderhewig aan al die Terme, Voorwaardes, Bepalings en Uitsluitings van die Polis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
geen vergoeding betaal sal word kragtens hierdie Uitbreiding nie:
1. ten opsigte van siekte of kwale waarvoor die Versekerde Persoon reeds behandeling of mediese raad ontvang het voor die inwerkingtreding van hierdie Afdeling;
2. vir siekte wat aan die lig gekom het binne die eerste 30 (dertig) dae na hierdie dekking in werking tree;
3. vir die eerste 30 (dertig) dae van enige tydperk van ongeskiktheid wat volg op ʼn siekte;
4. ten opsigte van enige Versekerde Persoon wat reeds die ouderdom van 65 (vyf en sestig) jaar bereik het;
5. ten opsigte van:
5.1 veneriese of ander sosiaal oordraagbare siektes;
5.2 kongenitale abnormaliteite en toestande wat daaruit ontstaan of die gevolg is van;
5.3 enige geestes- en/of senuwee-ongesteldheid, of enige soortgelyke toestand wat ontstaan uit, of te wyte is aan stres of stresverwante omstandighede.
WOORDOMSKRYWINGS
Persoonlike ongevalle
     Ernstige siekte beteken enige van die volgende:
   1. Alzheimersiekte
Die agteruitgang of verlies van intellektuele vermoë of abnormale gedrag wat voortspruit uit Alzheimersiekte of onomkeerbare ongesteldheid (uitsluitend neurose en enige psigiatriese siekte) wat ʼn beduidende vermindering in geestes- en sosiale funksionering tot gevolg het en uiteindelik toesig oor die Versekerde Persoon vereis. Die diagnose moet klinies bevestig word deur ʼn toepaslike konsultant en bekragtig word deur die Maatskappy se mediese konsultante.
2. Blindheid
Die totale en onomkeerbare verlies van sig in beide oë, maar met uitsluiting van blindheid wat veroorsaak is op toevallige, gewelddadige, uitwendige en sigbare wyse.
3. Kanker
ʼn Siekte wat aan die lig kom deur die teenwoordigheid van ʼn kwaadaardige gewas wat gekenmerk word deur onbeheerbare groei en verspreiding van kwaadaardige selle, en die indringing van normale omliggende weefsel. Alle kankers wat gediagnoseer en behandel word deur primêre biopsie alleen, met ander woorde wat nie verdere chirurgiese, mediese (chemoterapie,
en soortgelyk), of radioterapie of ander behandelings benodig nie, word uitgesluit.
Die term “Kanker” sluit ook Leukemie en Hodgkinsiekte in, maar sluit die volgende uit:
3.1 alle velkankers;
3.2 kanker-in situ, insluitende melanoom-in situ.
4. Kroniese Koronêre Hartsiekte
Oop omleidingchirurgie of oop chirurgiese behandeling van koronêre siekte, maar uitsluitende angioplastiek en enige ander intra-arteriële prosedures.
  Bladsy | 318 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022







































































   318   319   320   321   322