Page 317 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 317

 Persoonlike ongevalle
 5. Indien enige verskil sou ontstaan oor die bedrag wat kragtens hierdie Afdeling betaal moet word (aanspreeklikheid word andersins erken), sal sodanige verskil verwys word vir arbitrasie in ooreenstemming met die statutêre bepalings tot tyd en wyl van krag, en die uitspraak gelewer sal ʼn voorafgaande voorwaarde van enige aanspreeklikheid van die Maatskappy wees, om enige betaling kragtens hierdie Afdeling te maak.
6. In die geval waar die Maatskappy aanspreeklikheid ontken ten opsigte van enige eis, en ʼn aksie of regsgeding nie binne 12 (twaalf) maande na sodanige ontkenning ingestel is nie of, in die geval waar ʼn arbitrasie plaasvind, binne 12 (twaalf) maande na die Arbiter sy/haar beslissing gemaak het, sal alle voordele kragtens hierdie Afdeling van die Polis ten opsigte van sodanige eis, as verbeurd verklaar word.
7. Indien die Premie bereken is op beramings voorsien deur die Versekerde, moet ʼn akkurate rekord met al die relevante besonderhede deur die Versekerde in stand gehou word, waartoe die Maatskappy die reg tot toegang sal hê. Die Versekerde sal sodanige inligting binne een maand na die verstryking van elke Versekeringstydperk voorsien en die Premie sal dienooreenkomstig aangepas word.
7.1 Die beramings en verklaring van totale lone, verdienstes of salarisse waarop die premie hierkragtens gebaseer is, sal alle items van vergoeding insluit soos uiteengesit onder die woordomskrywing van “Jaarlikse Verdienste” onder hierdie Afdeling.
7.2 In die geval waar sodanige toelaes nie in die beramings of verklaarde verdienste ingesluit is nie, sal die bedrae nie ingesluit word by die berekening van enige eis nie.
8. Hierdie Afdeling sal beheer word deur die wette van die Republiek van Suid-Afrika, wie se howe regsbevoegdheid het in enige dispuut wat hieruit spruit.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Ernstige siekte
Sou ʼn Versekerde Persoon gedurende die Versekeringstydperk gediagnoseer word met ʼn Ernstige Siekte, en die simptome daarvan, nie teenwoordig was by sodanige Versekerde persoon gedurende die 12 (twaalf) maande voor die inwerkingtreding van hierdie Uitbreiding nie, sal die Maatskappy vergoeding betaal soos vermeld in die Polisskedule.
Hospitalisasie
Indien ʼn Versekerde Persoon gedurende die versekeringstydperk in ʼn hospitaal opgeneem word as ʼn pasiënt as gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering, sal die Maatskappy die bedrag wat in die Skedule per dag vir die tydperk van hospitalisasie tot en met 90 (negentig) dae betaal, of die aantal dae in die Skedule vermeld, watter een ook al die meeste is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste 24 (vier en twintig) uur van elke tydperk van hospitalisasie nie;
2. agtereenvolgende tydperke van hospitalisasie wat spruit uit dieselfde of verwante oorsake, sal beskou word as een ongeluk.
Kundige bystand vir ongelukke
Die Maatskappy sal die Versekerde voorsien van Kundige bystand vir ongelukke, deur die diens wat gelewer word deur Roadcover, ten opsigte van bystand met eise kragtens die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en Siektes (COIDA) of eise kragtens die Padongelukfonds (POF), soos uiteengesit in Aanhangsel 1 van die Polisskedule.
Voorsiening van hierdie dienste is onderhewig aan die algemene uitsonderings, voorwaardes, bepalings en prosedures van die diensverskaffer soos omskryf in Aanhangsel “1” aangeheg by die Polisskedule.
Die volgende bykomende bepalings is van toepassing ten opsigte van bogenoemde Kundige bystand vir ongelukke:
1. Die beseerde persoon moet ʼn Versekerde Persoon in terme van hierdie Afdeling wees.
2. Enige koste aangegaan deur ʼn beseerde Versekerde Persoon, wat deur ʼn buiteparty sonder die skriftelike toestemming van Roadcover genader word, sal nie ingesluit word nie.
3. Die beseerde persoon is ten alle tye daarop geregtig om tweede opinies van buitepartye te kry, maar die koste daarvan sal nie ingesluit word nie, tensy dit skriftelik deur Roadcover goedgekeur is.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 315













































































   315   316   317   318   319