Page 312 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 312

 Kwadruplegie
Wanneer die Maatskappy ʼn eis van Permanente Algehele Ongeskiktheid erken het, en as ʼn direkte oorsaak van die Toevallige Liggaamlike Besering daar gevolglik ʼn volledige verlamming van al vier ledemate van die Versekerde Persoon is, sal die Maatskappy, bykomend tot enige bedrag betaalbaar vir Permanente Algehele Ongeskiktheid, ʼn verdere 25% (vyf en twintig persent) van die voordeel betaal vir Permanente Algehele Ongeskiktheid onderhewig aan ʼn minimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) tot ʼn maksimum bedrag van R1 000 000 (een miljoen rand).
Lewensondersteuning
Ondanks enigiets vervat in die Omskrewe Gebeurtenisse, sal die 24 (vier en twintig) maande tydperk daarin vermeld nie enige tydperk of tydperke insluit waar, sodanige persoon se dood vertraag word uitsluitlik deur die gebruik, vir ʼn tydperk of tydperke van nie minder as 3 (drie) opeenvolgende dae, van lewensondersteunende masjinerie, toerusting of apparate nie.
Lewensondersteuningstoerusting
Die Maatskappy sal betaal vir die redelike koste en uitgawes wat deur ʼn Versekerde Persoon aangegaan is as gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering ten opsigte van die huurgeld vir lewensondersteunende masjinerie, toerusting en apparate;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy kragtens hierdie Uitbreiding beperk sal wees tot ʼn bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) ten opsigte van enige een Versekerde Persoon vir ieder en elke gebeurtenis.
Liggaam vervoerkoste
In die geval waar daar ʼn geldige eis ten opsigte van Toevallige Dood is, sal die Maatskappy die redelike en noodsaaklike uitgawes betaal wat aangegaan is, vir die vervoer van die Versekerde Persoon se oorskot na sy/haar normale woonplek;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie R75 000 (vyf en sewentig duisend rand) vir enige een Versekerde Persoon sal oorskry nie.
Misdaadvoordeel
In die geval waar die Versekerde Persoon se Dood of Permanente Ongeskiktheid ʼn regstreekse gevolg is van misdaad, sal die Maatskappy ʼn bykomende 10% (tien persent) van die Versekerde Persoon se Dood- of Permanente Ongeskiktheids- voordeel tot op ʼn maksimum bedrag van R100 000 (een honderd duisend rand) betaal.
Noodvervoerkoste
Die Maatskappy sal betaal vir redelike en nodige noodvervoerkoste na die naaste toereikende mediese fasiliteit, wat deur die Versekerde aangegaan is as ʼn regstreekse gevolg van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering van ʼn Versekerde Persoon, indien ʼn gekwalifiseerde mediese dokter sertifiseer dat:
1. plaaslike mediese fasiliteite onvoldoende is vir die behandeling van die beserings;
2. die herstel van die beseerde persoon aansienlik bespoedig sal word deur die noodvervoer na die naaste toereikende mediese fasiliteit.
Waar geen gekwalifiseerde mediese dokter beskikbaar is nie, mag die hoogste gekwalifiseerde en mees ervare mediese praktisyn die noodsaaklikheid van noodvervoer sertifiseer.
Die maksimum bedrag betaalbaar deur die Maatskappy sal R200 000 (twee honderd duisend rand) beloop vir enige een Versekerde Persoon en R1 000 000 (een miljoen rand) vir enige enkele gebeurtenis.
Ontvallingsvoordeel
In die geval van ʼn ongeluk wat aanleiding gee tot ʼn Doodseis sal die Maatskappy aan sodanige persoon se boedel ʼn bydrae van R10 000 (tien duisend rand) tot ontvallingskoste maak.
Persoonlike ongevalle
  Bladsy | 310 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022











































































   310   311   312   313   314