Page 310 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 310
In die geval waar Vergoeding kragtens meer as een van die voordele, met verwysing na bogenoemde, as gevolg van enige enkele gebeurtenis, of enige enkele ongeluk aan enige een Versekerde Persoon betaalbaar is, sal die maksimum bedrag betaalbaar hieronder nie 100% (een honderd persent) in geheel van die Versekerde Bedrag vermeld in die Skedule, oorskry nie.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS Aanhouding
In die geval van aanhouding onder dwang van enige Versekerde Persoon, vir ander redes as:
1. betrokkenheid (of beweerde betrokkenheid) in enige politieke aktiwiteit teenoor die regtens of feitelike Regering van die land waar die aanhouding plaasvind;
2. versuim om in besit te wees van die vereiste visums, werkpermitte of verwante dokumente vereis deur sodanige land;
3. betrokkenheid (of enige bewering daarvan) by enige kriminele aktiwiteit;
4. skuld, bankrotskap, handelsinsolvensie, versuim om ʼn lening of sekuriteit te verskaf, of ander finansiële verlies;
die dekking in terme van hierdie Afdeling sal voortduur om van krag te wees vir die duur van sodanige gebeurtenis, of 12 (twaalf) maande vanaf die datum vanaf sodanige gebeurtenis, watter een die korter tydperk is.
Indien Tydelike Algehele Ongeskiktheid verseker is, sal die Maatskappy Aanhouding van die Versekerde Persoon beskou as ʼn eis vir Tydelike Algehele Ongeskiktheid.
Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW)
Nieteenstaande die feit dat versekerde bedrae, eerste verlies bedrae, skadeloosstellingsperke of versekerde waardes, of hoe dit ook al bekend is in hierdie Polis (voortaan “polisperke”), altyd op ʼn BTW uitgesluit-grondslag uitgedruk word, kom die Maatskappy ooreen om die Versekerde skadeloos te stel bo en behalwe sodanige polisperke vir enige BTW verpligting wat die Versekerde mag oploop wat voortspruit uit die skikking van enige eise hiervolgens ingestel.
Beweeglikheidskoste
In die geval waar die Maatskappy ʼn eis erken in terme van Permanente Ongeskiktheid en indien, as ʼn direkte gevolg van die ongeskiktheid, sodanige persoon permanent afhanklik is van ʼn rolstoel vir beweeglikheid, sal die Maatskappy bykomend tot enige voordeel betaalbaar ten opsigte van die Permanente Ongeskiktheid, ook vergoeding betaal vir:
1. ʼn selfaangedrewe rolstoel;
2. die aanbring van rolstoel laaitoerusting en om veranderinge aan die Versekerde Persoon se woning te maak vir die gebruik van sodanige rolstoel;
3. die verandering van kontroles aan die Versekerde persoon se motorvoertuig, insluitende rolstoel laaitoerusting indien nodig;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige koste ten opsigte van een enkele eis nie die bedrag van R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) per Versekerde Persoon sal oorskry nie.
Bykomende doodsvoordeel
Die Maatskappy sal, bykomend tot die Toevallige doodsvoordeel en na voorlegging van ʼn geldige doodsertifikaat van ʼn Versekerde Persoon, ʼn bedrag van R15 000 (vyftien duisend rand) per Versekerde Persoon aan die Versekerde uitbetaal.
Familie/werker se mediese uitgawes
In die geval van ʼn Toevallige Liggaamlike Besering aan enige eggenoot, afhanklike kind of huishoudelike werker van ʼn Versekerde Persoon (in hierdie Uitbreiding verwys na as `sodanige persoon’) as gevolg van ʼn motorvoertuigongeluk terwyl, sodanige persoon saam met die Versekerde Persoon in enige private motorvoertuig ry, wat deur die Versekerde besit of gehuur word, sal die Maatskappy enige Mediese Uitgawes betaal wat daaruit voortspruit en aangegaan is deur sodanige persoon;
Persoonlike ongevalle
Bladsy | 308 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022