Page 4 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 4

 Versekeringsgedragskode
  VERSEKERINGSGEDRAGSKODE
Hollard ondersteun met trots die Gedragskode van die Suid-Afrikaanse Versekeringsvereniging (SAIA).
Die doel van hierdie Kode is die verbetering van praktyke/gebruike en diensstandaarde in die algemene versekeringsbedryf. Die doelwitte van die Kode is:
1. die bevordering van beter, meer ingeligte verhoudings tussen versekeraars en hul kliënte;
2. die verbetering van verbruikersvertroue in die algemene versekeringsbedryf;
3. die verbetering van meganismes vir die oplossing van klagtes en geskille tussen versekeraars en hul kliënte; en
4. om versekeraars en die professionele persone/beroepsmense op wie hul staatmaak te verbind tot hoër standaarde van kliëntediens.
Inligting oor die Gedragskode is beskikbaar by die naaste Hollard kantoor of by SAIA.
Hollard se diensverbintenis
Hollard aanvaar en ondersteun die Kode en is daartoe verbind om daaraan te voldoen. Kontak Hollard vir meer inligting oor die Kode.
Hoe om 'n klagte of dispuut op te los
Bespreek dit eers met Hollard
Indien die Versekerde 'n klagte het, moet die Versekerde of hul versekeringsmakelaar eerstens met Hollard praat. Die nuutste Hollard kontakbesonderhede vir klagtes kan gevind word op die Blootlegging kennisgewing wat aan die Polisskedule geheg word.
Indien die klagte spesifiek met 'n eis verband hou, praat met die versekeringstussenganger of versekeringsmakelaar wat die eis met die eisebeampte wat die eis hanteer kan bespreek.
Indien die personeellid of eisebeampte nie die aangeleentheid kan oplos nie, kan die Versekerde, versekeringstussenganger of versekeringsmakelaar met 'n bestuurder by Hollard daaroor praat. Die bestuurder sal binne 'n redelike tydperk terugvoering rakende die klagte aan die Versekerde voorsien. Indien die tydsraamwerk vir enige rede onprakties is, soos om meer inligting te bekom of ʼn verdere ondersoek te loods, sal Hollard alternatiewe tydraamwerke met die Versekerde ooreenkom. Indien die versekerde met Hollard se terugvoering ontevrede is of indien Hollard en die Versekerde nie op alternatiewe tydraamwerke kan ooreenkom nie, gaan die Versekerde na stap 2.
Versoek 'n hersiening
Indien die saak nog onopgelos is, sal Hollard die Versekerde, die versekeringstussenganger of versekeringsmakelaar na die betrokke geskilhanteringsafdeling verwys ten einde die geskil te hersien. Die Versekerde sal gewoonlik binne 'n redelike tydperk terugvoering op die geskil ontvang. Indien die tydraamwerk onprakties is, sal Hollard alternatiewe tydraamwerke met die Versekerde ooreenkom.
Indien die Versekerde nog ontevrede is met Hollard se terugvoering op die geskil, of indien Hollard nie op alternatiewe tydraamwerke kan ooreenkom nie, gaan die Versekerde na stap 3.
Versoek 'n onafhanklike hersiening
Die Versekerde is daarop geregtig om 'n eksterne hersiening van Hollard se besluit te versoek. Hollard sal die Versekerde voorsien van inligting oor die beskikbare opsies, insluitende om, indien nodig, die Versekerde na die eksterne geskilbeslissingsskema te verwys wat deur die Ombudsman vir Korttermynversekering (OSTI) geadministreer word.
Die OSTI is 'n onafhanklike kantoor vir eksterne geskilbeslissing en lewer ʼn gratis diens aan Hollard-kliënte. Die OSTI sal die Versekerde in kennis stel, indien hulle van hulp kan wees.
 Bladsy | 2 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022












































































   2   3   4   5   6