Page 6 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 6
1. Oorlog, oproer en terrorisme
1.1
Hierdie Polis sluit nie verlies van, of skade aan eiendom, dood of liggaamlike besering, of aanspreeklikheid wat regstreeks of onregstreeks betrekking het op, of veroorsaak word deur die volgende, in nie:
1.1.1 burgerlike oproer, arbeidsonluste, oproer, staking, uitsluiting of openbare onrus of enige daad of handeling wat daarop bereken of gerig is om enige van die voorgenoemde te veroorsaak;
1.1.2 oorlog, inval, die optrede van ʼn buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar word al dan nie) of burgeroorlog;
1.1.3 1.1.3.1 muitery, militêre opstand, militêre of geüsurpeerde gesag, krygswet of ʼn staat van beleg, of enige ander gebeurtenis of oorsaak wat die proklamasie of handhawing van krygswet of ʼn staat van beleg bepaal;
1.1.3.2 opstand, rebellie of revolusie;
1.1.4 enige optrede (ongeag of dit ten behoewe van enige organisasie, liggaam of persoon of groep persone is) wat daarop bereken of gerig is om enige Staat of Regering of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid met dwang of deur middel van vrees, terrorisme of geweld te beïnvloed of omver te werp;
1.1.5 enige optrede wat daarop bereken of gerig is om verlies of skade of liggaamlike besering te veroorsaak ten einde enige politieke doel, oogmerk of oorsaak te bevorder, of om maatskaplike of ekonomiese verandering teweeg te bring of uit protes teen enige Staat of Regering of enige provinsiale, plaaslike of stamowerheid, of met die doel om vrees by die publiek, of enige deel daarvan, in te boesem;
1.1.6 enige poging tot optrede waarna in Klousule 1.1.4 of 1.1.5 hierbo verwys word, uit te voer;
1.1.7 die optrede van enige wettig ingestelde owerheid in die beheer, voorkoming, of onderdrukking van, of terwyl op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna verwys word in Klousule 1.1.1, 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5, of 1.1.6 hierbo verwys.
Indien die Maatskappy kan bewys dat, weens Klousule 1.1.1, 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5, 1.1.6 of 1.1.7 van hierdie Algemene Uitsondering, verlies of skade nie deur hierdie Polis ingesluit word nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Hierdie Polis sluit nie verlies of skade in nie, wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van, enige gebeurtenis waarvoor 'n fonds gestig is ingevolge die Wet op Oorlogskadeversekerings en -vergoeding, 1976 (Nr. 85 van 1976) of enige soortgelyke Wet wat van krag is op enige van die gebiede waarin hierdie Polis van toepassing is.
1.2
ALGEMENE UITSONDERINGS
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
ALGEMENE UITSONDERINGS, VOORWAARDES EN BEPALINGS
Onderhewig aan die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes (hetsy ʼn opskortende voorwaarde of andersins) en as teenprestasie vir die betaling van die premie deur of namens die Versekerde, onderneem die Maatskappy in die Skedule vermeld (hierna die Versekeraar genoem) om die Versekerde skadeloos te stel of te vergoed deur betaling of, na keuse van die Versekeraar, deur vervanging, inbesitstelling of herstel ten opsigte van die Omskrewe Gebeurtenisse wat plaasvind gedurende die versekeringstydperk en soos andersins bepaal, kragtens die Afdelings hierin tot hoogstens die versekerde bedrae, skadeloosstellings- en vergoedingsperke en ander gespesifiseerde bedrae.
Indien meer as een Versekeringsmaatskappy of Versekeraar aan hierdie versekering deelneem, word die woord “Maatskappy” na “Versekeraars” gewysig, waar dit ook al in hierdie Polis voorkom. In hierdie geval is die persentasie aandeel van elke Versekeraar soos in die Skedule van hierdie Polis vermeld en die aanspreeklikheid van elke sodanige Versekeraar afsonderlik beperk tot die persentasie aandeel wat teenoor sy naam aangetoon is.
Spesifieke Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings sal voorkeur geniet teenoor Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings.
Bladsy | 4
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022