Page 7 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 7

 Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
 1.3 Nieteenstaande enige Bepaling van hierdie Polis, met inbegrip van enige Uitsluiting, Uitsondering of Uitbreiding of ander Bepaling wat nie hierin vervat word nie, en wat andersins 'n Algemene Uitsondering ter syde sou stel, sluit hierdie Polis nie verlies van of skade aan eiendom of uitgawe van enige aard hoegenaamd wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur, ontstaan uit of in verband met enige daad van terrorisme, ongeag enige ander oorsaak of gebeurtenis wat tegelykertyd of in enige volgorde bydra tot die verlies, skade of uitgawe, in nie.
Vir die doeleindes van hierdie Algemene Uitsondering 1.3 sluit 'n daad van terrorisme sonder beperking in, die gebruik van geweld of krag of die dreigement daartoe, hetsy as 'n daad wat skadelik is vir die menslike lewe al dan nie, deur enige persoon of groep persone, hetsy daar alleen opgetree word of in verband met enige organisasie of regering of enige ander persoon of groep persone, wat verbind word met politieke, godsdienstige, persoonlike, etniese of ideologiese redes of doeleindes, met inbegrip van enige daad wat gepleeg word met die bedoeling om enige regering te beïnvloed of om vrees by die publiek, of enige deel daarvan, in te boesem.
Indien die Maatskappy kan bewys dat, weens Klousule 1.3 van hierdie Uitsondering, verlies of skade nie onder hierdie Polis ingesluit word nie, die onus op die Versekerde sal rus om die teendeel te bewys.
2. Kernrisiko's
Behalwe met betrekking tot die volgende Afdelings:
A. Getrouheid (Eerlikheidswaarborg);
B. Aangegewe Voordele; en
C. Groep Persoonlike Ongevalle;
sluit hierdie Polis nie enige regsaanspreeklikheid, verlies, skade, koste of uitgawe hoegenaamd of enige gevolglike verlies in nie, wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak word deur, of bygedra word tot, of wat voortspruit uit:
2.1 ioniserende uitstralings of kontaminasie deur radioaktiwiteit afkomstig van enige kernbrandstof of van enige kernafval weens die verbranding of gebruik van kernbrandstof;
2.2 kernmateriaal, kernsplyting of kernfusie (kernversmelting), kernuitstraling;
2.3 kernplofstowwe of enige kernwapen;
2.4 kernafval in watter vorm ook al;
ongeag enige ander oorsaak of gebeurtenis wat gelyktydig of in enige ander volgorde tot die verlies bydra. Vir die doeleindes van hierdie Uitsondering alleenlik, sluit verbranding enige selfonderhoudende kernsplytingsproses in.
3. Asbesuitsluiting (van toepassing op die Gekombineerde Aanspreeklikheid en Werkgewersaanspreeklikheid Afdelings, Onderafdeling D – Aanspreeklikheid van die Geboue Omvattend-, Huiseienaars-, Huisbewoners- Afdelings en Persoonlike aanspreeklikheid Afdeling)
Nieteenstaande enige Bepalings van hierdie Polis, insluitend enige Uitsluiting, Uitsondering of Uitbreiding of ander bepaling wat andersins 'n Algemene Uitsondering ter syde sou stel, sluit hierdie Polis nie enige van die volgende in nie:
3.1 regsaanspreeklikheid;
3.2 verlies;
3.3 skade;
3.4 koste of uitgawe hoegenaamd; of
3.5 enige gevolglike verlies;
regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of waartoe bygedra word, of wat voortspruit uit die gevaarlike aard van asbes in watter vorm of hoeveelheid ook al.
4. Rekenaarverliese
Algemene Uitsondering van toepassing op alle Afdelings van hierdie Polis wat skade aan eiendom of die gevolge van skade aan eiendom of enige aanspreeklikheid verseker is hier ter sprake.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 5









































































   5   6   7   8   9