Page 9 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 9

 Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
 2. Algemene Uitsondering 4 is ook nie van toepassing op gevolglike verlies soos verseker deur enige Sake- onderbreking skadeloosstelling wat deur hierdie Polis voorsien word nie, tot die mate dat sodanige gevolglike verlies weens skade aan versekerde eiendom voortspruit uit die gevare waarna verwys word in Spesiale Uitbreiding 1. hierbo.
3. Hierdie Spesiale Uitbreiding sal geen verlies, vernietiging, skade of gevolglike verlies verseker as dit nie in die afwesigheid van hierdie Rekenaarverlies Algemene Uitsondering en hierdie Spesiale Uitbreiding verseker sou gewees het nie.
4. Hierdie Spesiale Uitbreiding is nie van toepassing op enige Gekombineerde Aanspreeklikheid skadeloosstelling nie.
5. Kuber uitsluiting
5.1 Hierdie Polis sluit uit enige verlies, skade, aanspreeklikheid, eis, koste of uitgawe van watter aard ookal hoegenaamd, regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, wat bydra tot, as gevolg van, voortspruitend uit of wat verband hou met:
5.1.1 enige skade of verlies, verandering in, vermindering van, of die beskikbaarheid, werking of prosessering van ‘n Rekenaarstelsel, tensy onderworpe ingevolge onderstaande Bepaling 5.2;
5.1.2 enige gebruiksverlies, vermindering in werking, herstel, vervanging, herinstelling of reproduksie van enige Data insluitend enige bedrag wat verband hou met die waarde van sodanige Data, tensy onderworpe ingevolge onderstaande Bepaling 5.2.
5.2 Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes en Uitsonderings van hierdie Polis, word die volgende ingesluit:
5.2.1 skade of verlies, aanspreeklikheid, kostes of uitgawes regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, voortspruitend uit of wat ontstaan deur die fisiese verlies van of skade aan tasbare eiendom verseker ingevolge hierdie Polis en enige Verlies met betrekking tot Verlies van Tyd wat regstreeks ontstaan as gevolg van fisiese verlies en/of fisiese skade;
5.2.2 fisiese skade of fisiese verlies van Data Verwerkings Media waarvan die grondslag van waardasie die koste van blanko Data Verwerkings Media plus die koste van herstel, vervanging of herinstelling van Data vanaf rugsteunlêers, of vanaf die oorspronklike of ‘n vorige generasie insluit (hierdie koste sluit nie die navorsing en ingenieurswese in nie). Indien die media nie herstel, vervang of heringestel word nie, sal die grondslag van waardasie die koste van die blanko Data Verwerkings Media wees (hierdie Polis sluit nie enige bedrag of waarde geheg aan die Data deur die Versekerde of enige ander party in nie, selfs al kan sodanige Data nie herskep, versamel of bymekaar gemaak word nie);
waar sodanige fisiese skade en / of fisiese verlies regstreeks veroorsaak word deur gevare ingesluit ingevolge die Polis en nie andersins ingevolge die Polis uitgesonder is nie.
Betekenis van woorde:
1. "Rekenaarstelsel" beteken enige rekenaar, hardeware, sagteware kommunikasiestelsels of elektroniese toestel, (insluitend maar nie beperk nie tot, slimfoon, skootrekenaar, tablet, draagbare toestelle), bedieners, mikrobeheerder of wolk insluitend enige soortgelyke stelsel of enige samestelling van die voorgenoemde en insluitende enige verwante invoer, uitset of data stoortoestel, netwerktoerusting of rugsteun-fasiliteit.
2. "Data" beteken feite, konsepte en inligting, kode of enige ander inligting van watter aard ookal, wat opgeneem of omgeskakel in ʼn opstelling wat bruikbaar is, toegang verleen aan, verwerking van, oorgedra of gestoor word deur ʼn Rekenaarstelsel.
3. "Verlies van Tyd" betekening enige ander gevolglike verlies, sake-onderbreking of gebeurlikheid sake- onderbreking.
4. "Data Verwerkings Media" beteken enige eiendom verseker ingevolge hierdie Polis waarop Data gestoor kan word, maar nie die Data self nie.
6. Skade of verlies wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur aansteeklike of besmetlike siektes
Nieteenstaande enige bepalings van ʼn spesifieke afdeling van hierdie Polis, insluitend enige Uitsluiting, Uitsondering of Uitbreiding of ander bepaling wat andersins 'n Algemene Uitsondering ter syde sou stel, sluit hierdie Polis nie dekking in nie vir dood, beserings, siekte, verlies, skade (materieel of finansieel), kostes en uitgawes hoegenaamd, regsaanspreeklikheid of enige gevolglike verlies regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, of waartoe bygedra word, of wat voortspruit uit:
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 7















































































   7   8   9   10   11