Page 10 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 10
1. enige aansteeklike of besmetlike siekte (van enige aard of oorsaak)
2. enige aanduiding, vrees of bedreiging van ʼn moontlike aansteeklike of besmetlike siekte (van enige aard of oorsaak)
Ongeag:
i) van waar in die wêreld die siekte mag ontstaan of waar daar bevrees word dat die siekte mag bestaan;
ii) welke daar ʼn afkondiging gemaak is deur ʼn plaaslike, provinsiale, internasionale of munisipale owerheid, insluitende maar nie beperk nie tot, die President van Suid Afrika dat die aansteeklike of besmetlike siekte bestaan, plaaslik, of in enige gebied, of nasionaal, of uitmaak van, of aanleiding gee tot, ʼn nasionale noodtoestand of ramp.
7. Nie-Fisiese Skade Sake-Onderbreking en Gebeurlikheid Sake-Onderbreking
Nieteenstaande enige spesifieke bepaling van ‘n spesifieke afdeling van hierdie Polis, insluitend enige Uitsluiting, Voorwaarde, Uitsondering, Versekerde Gevaar, Uitbreiding of enige ander bepaling wat nie hierin gemeld word nie wat andersins spesifiek ʼn Algemene Uitsondering ter syde sou stel, sluit hierdie Polis geen dekking in vir enige verlies, skade (materieel of finansieel), enige kostes of uitgawes van watter aard ookal hoegenaamd, regsaanspreeklikheid, of enige gevolglike verlies regstreeks of onregstreeks veroorsaak deur, ontstaan van, voortspruitend uit of as gevolg van enige Sake-onderbreking of Gebeurlikheid Sake-onderbreking dekking, tensy die oorsaak van die materiële skade vervat word in die Omskrewe Gebeurtenisse van die Sake-onderbreking afdeling van die Polis.
Alle afdelings en uitbreidings wat voorsiening maak vir sodanige verlies, skade, kostes of uitgawes is hiermee in geheel uitgesluit.
ALGEMENE VOORWAARDES
Onderhewig aan die bepalings van Artikel 55 van die Korttermynversekeringswet Nr. 53 van 1998 (soos gewysig).
1. Die Versekerde
Vir die doeleinde om die Versekerde te bepaal, beteken die term Versekerde:
1. die party wat in die Skedule genoem word, hierna verwys as die Genoemde Versekerde;
2. enige filiaalmaatskappy van die Genoemde Versekerde wat aan die Maatskappy verklaar is;
3. enige werknemer van die Genoemde Versekerde, terwyl hul optree namens of in die verloop en omvang van hul diens of betrokkenheid met die Genoemde Versekerde;
4. in geval van die dood van die Genoemde Versekerde, die persoonlike verteenwoordigers van die Genoemde Versekerde ten opsigte van aanspreeklikheid wat deur die Genoemde Versekerde aangegaan is;
5. die eienaar, direkteur of aandeelhouer van die Versekerde of die natuurlike persoon soos vermeld in die Skedule, in hul private hoedanigheid, insluitende hul gade en enige lede van hul onmiddellike familie wat normaalweg by die Versekerde woonagtig is en finansieel afhanklik is van die Versekerde.
Voorwaarde 5 is van toepassing op die volgende Afdelings:
Huiseienaars;
Huisbewoners;
Persoonlike Alle Risiko;
Motorbote, Seilbote en ander Klein Vaartuie.
2. Ander versekering
Indien daar, ten tye van enige gebeurtenis wat aanleiding kan gee tot 'n eis ingevolge hierdie Polis, versekering bestaan by enige ander versekeraars wat die Versekerde teen die Omskrewe Gebeurtenisse verseker, is die versekeraar slegs aanspreeklik vir die vergoeding van ’n eweredige deel van die bedrag wat betaalbaar is deur of aan die versekerde ten opsigte van sodanige gebeurtenis. Indien enige sodanige ander versekering onderworpe is aan enige voorwaarde van eweredigheid, sal hierdie Polis, indien nie alreeds onderhewig aan eweredigheid nie, op dieselfde manier onderhewig wees aan 'n eweredigheidvoorwaarde.
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Bladsy | 8 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022