Page 12 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 12

 8. Eise 8.1
Kennisgewing
Die Versekerde moet met die plaasvind van enige gebeurtenis wat tot 'n eis aanleiding kan gee ingevolge hierdie Polis, op eie koste:
8.1.1 so gou as redelik moontlik kennisgewing daarvan aan die Maatskappy gee, en besonderhede verskaf van enige ander versekering wat sodanige gebeurtenisse verseker, mag insluit;
8.1.2 so gou prakties moontlik na die gebeurtenis of sodanige verdere tyd as wat die Maatskappy skriftelik toelaat, skriftelik 'n eis by die Maatskappy indien en aan die Maatskappy sodanige bewyse, inligting en beëdigde verklarings gee wat die Maatskappy redelikerwys mag benodig;
8.1.3 onmiddellik na die gebeurtenis die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in kennis stel van enige eis met betrekking tot kriminele optrede of (indien vereis deur die Maatskappy) verlies van eiendom en alle praktiese stappe neem om die skuldige party op te spoor en die gesteelde of verlore eiendom te herwin;
8.1.4 alle eiendom na 'n verlies bewaar.
Onwettige gebruik, diefstal, verlies of kwaadwillige skade aan eiendom
In die geval van enige eis wat die onwettige gebruik van 'n motorvoertuig of enige diefstal of verlies van of kwaadwillige beskadiging van eiendom betref, moet die Versekerde of die persoon in wie se beheer of onder wie se bewaring sodanige eiendom is, die voorval onmiddellik by die Polisie aanmeld in die gebied waar die verlies plaasgevind het en alle moontlike stappe neem om die skuldige party op te spoor en die gesteelde of verlore eiendom te herwin.
Beserings
Ten opsigte van enige eis vir persoonlike besering ingevolge hierdie Polis waar sodanige dekking toegestaan word, moet alle verklarings, inligting en bewyse wat deur die Maatskappy vereis word, verskaf word op die Versekerde se koste en 'n beseerde moet so dikwels as wat die Maatskappy vereis, op die Maatskappy se koste mediese ondersoeke ondergaan. Die Maatskappy sal daarop geregtig wees om in die geval van dood 'n nadoodse ondersoek te laat doen.
Regsprosesse
Die Versekerde moet die Maatskappy onmiddellik in kennis stel van enige naderende vervolging of geregtelike ondersoek en onmiddellik enige kennisgewing van ʼn eis, aanmaning of enige mededeling, skriftelike, kriminele en/of siviele dagvaarding en/of ander regsproses wat op die Versekerde beteken is of begin is in verband met die gebeurtenis wat aanleiding gee tot die eis, aan die Maatskappy voorsien.
Geen erkenning van aanspreeklikheid nie
Die Versekerde moet geen uitgawes aangaan nie (behalwe indien spesifiek daarvoor in hierdie Polis voorsiening gemaak) om enige skade te vergoed sonder die skriftelike toestemming van die Maatskappy, en sal geen eis onderhandel, betaal, skik, erken of afwys, of aanspreeklikheid aanvaar sonder sodanige toestemming nie en mag onder geen omstandighede hoegenaamd toestem tot die regsgebied van enige hof sonder vooraf skriftelike toestemming van die Maatskappy nie.
8.2
8.3
8.4
8.5
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
 6. Aanpassing van premie
Indien die premie vir enige Afdeling van hierdie Polis op enige beraamde syfers bereken is, moet die Versekerde na verstryking van elke versekeringstydperk die besonderhede en inligting wat die Maatskappy mag benodig vir die herberekening van die premie vir sodanige tydperk aan die Maatskappy voorsien. Enige verskil sal na gelang van die geval, deur of aan die Versekerde betaal word.
7. Voorkoming van verlies
Die Versekerde moet alle redelike voorsorgmaatreëls tref om ongelukke en verliese te voorkom, insluitende maar is nie beperk nie, tot die voldoening aan en nakoming van wette en regulasies wat wesenlik is tot die risiko. Die Versekerde waarborg dat van alle geskrewe-, dorps-wette, regulasies en bepalings wat van toepassing tot die besigheid mag wees, of enige ander aangeleentheid waarvoor hierdie polis voorsiening kan maak (ongeag of die geskrewe-, dorps-wette, regulasies en bepalings van krag was op die datum waarop die polis uitgereik is en/of indien dit eers na die aanvangsdatum van krag geword het) ten alle tye nagekom sal word.
 Bladsy | 10
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022









































































   10   11   12   13   14