Page 13 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 13

 Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
 8.6 Beperking van aanspreeklikheid
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees ingevolge meer as een Afdeling van hierdie Polis of Uitbreiding (Opsioneel of andersins) ten opsigte van aanspreeklikheid, verlies of skade voortspruitend uit dieselfde gebeurtenis wat dieselfde aanspreeklikheid tot gevolg hê nie, verlies of skade behalwe waar dekking verleen word vir Persoonlike Ongevalle, Aangegewe Voordele of Groep Persoonlike Ongevalle Voordele.
8.7 Verjaringsperiode
8.7.1 Vervaldatum van eis
Geen eis sal betaalbaar wees na die verstryking van 24 (vier en twintig) maande nie of sodanige verdere tydperk wat die Maatskappy mag toelaat vanaf die gebeurtenis van enige voorval, tensy die eis onderworpe is aan hangende regstappe of dit 'n eis is ten opsigte van die Versekerde se regsaanspreeklikheid teenoor 'n derde party;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie voorwaarde nie van toepassing is op eise onder Afdelings (indien van toepassing) nie:
1. Sake-onderbreking;
2. Getrouheids-/Eerlikheidswaarborg;
3. Aangegewe Voordele of Groep Persoonlike Ongevalle insluitende Persoonlike Ongevalle (aanranding) onder Geld.
8.7.2 Afwysing van eise
Geen eis sal betaalbaar wees tensy die Versekerde die betaling daarvan eis deur die instelling van regsaksie teen die Maatskappy binne 12 (twaalf) maande vanaf die eis skriftelik afgewys is nie en die Versekerde voortgaan met regsverrigtinge om die aangeleentheid te finaliseer.
8.8 Verhaling
8.8.1 Indien, na die skikking van die eis ten opsigte van verlore of gesteelde eiendom, sodanige eiendom opgespoor of herwin word, moet die Versekerde alle hulp verleen met die identifikasie en die fisiese herwinning van sodanige eiendom.
8.8.2 Die Maatskappy sal betaal vir die redelike kostes om sodanige eiendom te identifiseer.
8.8.3 Indien die Versekerde versuim om die Maatskappy by te staan met die herwinning van die eiendom, sal die Versekerde wettiglik aanspreeklik wees om alle betalings en uitgawes ten opsigte van die eis aan die Maatskappy terug te betaal.
8.8.4 Indien die eiendom suksesvol herwin word, sal die Maatskappy die regmatige eienaar van die eiendom wees.
8.8.5 Indien die Maatskappy sodanige voertuig vervang of herstel, sal die Maatskappy die keuse hê om eienaarskap van die voertuig te neem.
9. Maatskappy se regte na 'n gebeurtenis
9.1 Met die plaasvind van enige gebeurtenis wat aanleiding mag gee tot ʼn eis, hetsy dit ingestel is of ingestel kan word ingevolge hierdie Polis, mag die Maatskappy en elke persoon wat gemagtig is deur die Maatskappy, sonder om daardeur enige aanspreeklikheid te aanvaar en sonder benadeling van die Maatskappy se regte, reken op enige voorwaardes van hierdie Polis:
9.1.1 enige beskadigde eiendom in besit neem, binne gaan of in besit hou en op enige redelike manier daarmee handel. Hierdie Voorwaarde geld as bewys van magtiging deur die Versekerde aan die Maatskappy om so op te tree. Die Versekerde is nie daarop geregtig om enige eiendom aan die Maatskappy prys te gee nie, hetsy die Maatskappy dit in besit geneem het of nie;
9.1.2 die verdediging of skikking van enige eis in die naam van die Versekerde oorneem en vervolg en in die naam van die Versekerde tot sy eie voordeel enige eis om skadeloosstelling of skadevergoeding of andersins vervolging en volle seggenskap hê in die vervolging van enige geding en in die skikking van enige eis. Geen erkenning, verklaring, aanbod, belofte, betaling of skadeloosstelling mag sonder die skriftelike toestemming van die Maatskappy deur die Versekerde gedoen word nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 11











































































   11   12   13   14   15