Page 11 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 11
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
3. Kansellasie
3.1 Kennisgewing
Hierdie Polis, Polisafdeling of item mag te eniger tyd gekanselleer word deur die:
3.1.1 Maatskappy deur 31 (een en dertig) dae skriftelike kennisgewing te gee (of enige ander tydperk wat wedersyds ooreengekom is); of
3.1.2 deur die Versekerde wat onmiddellike kennis gee.
3.2 Pro rata-premies
Tydens kansellasie deur die Versekerde sal die Maatskappy daarop geregtig wees om die gebruiklike kort tydperk of minimum premie vir die tydperk wat die Polis, Polisafdeling of -item van krag was, te behou. Tydens kansellasie deur die Maatskappy sal die Versekerde geregtig wees om 'n pro rata-gedeelte van die premie vir die onverstreke versekeringstydperk vanaf die datum van kansellasie te eis, onderhewig aan Algemene Voorwaarde 5.
3.3 Premie terugbetaling
Die Maatskappy sal nie die Versekerde terugbetaal tydens die kansellasie van die Polis, Polisafdeling of item vir die res van die versekeringstydperk tot met hernuwing nie, indien die maksimum bedrag vermeld in die Skedule vir sodanige eiendom of Afdeling ingevolge 'n eis vereffen is.
Hierdie Algemene Voorwaarde sal van toepassing wees indien die Versekerde of die Maatskappy om watter rede ook al opdrag gegee het vir die kansellasie.
4. Afkoelperiode
Waar die Versekerde as 'n Individu geklassifiseer word ingevolge Punt 5 van die omskrywing van die Versekerde, het die Versekerde die reg om die Polis wat met die Maatskappy aangegaan is, te kanselleer deur skriftelike kennisgewing daarvan aan die Maatskappy te gee;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. indien 'n Polis 'n termyn van langer as 30 (dertig) dae het en nog geen voordeel uitbetaal, of geëis is vir 'n gebeurtenis verseker ingevolge die Polis, of die versekerde gebeurtenis het nog nie plaasgevind nie;
2. skriftelike kennis moet binne 14 (veertien) dae na die datum van ontvangs van die poliskontrak aan die Maatskappy gegee word;
3. na 'n redelike datum waarop dit geag kan word dat die poliskontrak deur die polishouer ontvang is, maar nie langer as 60 (sestig) dae vanaf die aanvang van dekking nie;
Alle premies of gelde wat die Versekerde aan die Maatskappy betaal het tot op die datum van ontvangs van die kansellasie kennisgewing hierbo, sal aan die Versekerde terugbetaal word.
5. Premiebetaling
5.1 Waar die premie kwartaalliks, halfjaarliks of jaarliks betaal word
Die premie is verskuldig en betaalbaar voor of op die aanvangsdatum of hernuwingsdatum, in elke geval, maar moet binne 31 (een en dertig) dae, vanaf die datum betaal word. Die Maatskappy sal nie verplig wees om meer as 31 (een en dertig) dae na die aanvangsdatum of hernuwingsdatum, na gelang van die geval, premies te aanvaar wat aangebied word nie, maar mag dit aanvaar op die voorwaardes wat die Maatskappy na eie goeddunke bepaal.
5.2 Waar die premie maandeliks betaal word
Die premie is verskuldig en betaalbaar voor of op die aanvangsdatum of die gekose debietorder datum van elke daaropvolgende maand, na gelang van die geval. Indien die premie onbetaal is vir enige rede, behalwe indien die Versekerde ʼn stopbetaling daarop gedoen het, sal die Maatskappy in die daaropvolgende maand vir twee maande se premie debiteer. Indien die volle dubbel premie onbetaal is, sal die Polis gekanselleer word vanaf die betaaldatum van die eerste onbetaalde premie.
Indien 'n geldige eis, ingestel word deur die Versekerde, gedurende die periode waarin die premie onbetaal is soos hierbo omskryf, sal die eis slegs oorweeg word indien die gehele uitstaande premie ten volle vereffen is.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 9