Page 14 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 14
9.2 Die Versekerde moet, op koste van die Maatskappy, alles doen en toelaat dat dit gedoen word as wat nodig mag wees of redelikerwys deur die Maatskappy vereis kan word ten einde enige regte af te dwing waarop die Maatskappy by skadeloosstelling van die Versekerde gesubrogeer is of sou word, afgesien daarvan of sodanige dinge voor of na sodanige skadeloosstelling vereis word.
9.3 Ten opsigte van enige Afdeling van hierdie Polis ingevolge waarvan skadeloosstelling verleen word vir aanspreeklikheid teenoor derde partye, mag die Maatskappy by die plaasvind van enige gebeurtenis aan die Versekerde die skadeloosstellingsperk betaal wat ten opsigte van sodanige gebeurtenis verleen word, of enige verminderde bedrag waarvoor die eis of eise wat uit sodanige gebeurtenis voortspruit, geskik kan word en die Maatskappy is daarna nie verder aanspreeklik ten opsigte van sodanige gebeurtenis nie.
10. Opsetlike of oneerlike dade in verband met 'n eis
Alle voordele wat kragtens hierdie Polis ten opsigte van enige eis verleen word, word verbeur en hierdie Polis kan na willekeur van die Maatskappy vanaf die datum van enige oneerlike optrede verbeur of gekanselleer word:
10.1 indien enige eis of deel daarvan kragtens hierdie Polis op enige manier oneerlik is of indien oneerlike metodes of middele deur die Versekerde of enige persoon wat namens die Versekerde optree, gebruik word om enige voordeel ingevolge hierdie Polis te bekom, of indien enige versekerde gebeurtenis ingevolge hierdie Polis veroorsaak is deur die Versekerde se opsetlike optrede of dié van enige persoon wat namens die Versekerde optree of met die Versekerde se oogluikende toestemming; of
10.2 indien enige oneerlike inligting en/of dokument, hetsy deur die Versekerde of enige ander party geskep is, aan die Maatskappy verskaf word deur die Versekerde of enige persoon wat namens die Versekerde optree of met die Versekerde se oogluikende toestemming ter stawing van of ter ondersteuning van enige eis ingevolge hierdie Polis en of die eis opsigself oneerlik is al dan nie; of
10.3 indien die bedrag van enige eis doelbewus oordryf word deur die Versekerde of enige persoon wat namens die Versekerde optree, of met die Versekerde se oogluikende toestemming om watter rede ook al, en of die eis op sigself oneerlik is al dan nie.
Indien enige voordeel ingevolge hierdie Polis verbeur word in omstandighede wat in hierdie Algemene Voorwaarde uiteengesit word, sal die Versekerde alle bedrae wat die Maatskappy voorheen betaal het ten opsigte van die skikking van alle eise, terugbetaal sonder die benadeling van die Maatskappy se regte om enige ander skade te verhaal wat die Maatskappy mag gely het as gevolg van die oneerlike optrede.
11. Herstel van dekking na verlies (nie van toepassing op voorraad op 'n verklaringsbasis of op enige Afdeling waar dit verklaar word dat dit nie van toepassing is nie)
Met inagneming van versekerde bedrae wat nie toepaslik verminder word met die bedrag van enige verlies nie, sal die Versekerde ʼn bykomende premie betaal op die bedrag van die verlies vanaf die datum van verlies of vanaf die datum van herinstelling of vervanging (wat ook al later is) tot verstryking van die versekeringstydperk.
12. Verbreking van Voorwaardes
Die voorwaardes van hierdie Polis en Afdelings daarvan sal afsonderlik van toepassing wees op elkeen van die versekerde risiko's en nie gesamentlik nie, sodat enige verbreking wat aanleiding kan gee tot die nietig verklaring van ʼn Afdeling alleenlik van toepassing sal wees op daardie risiko ten opsigte waarvan die verbreking plaas gevind het.
13. Geen regte aan ander persone nie
Tensy anders ooreengekom, sal niks in hierdie Polis enige regte aan enige ander persoon as die Versekerde bied nie. Enige uitbreiding wat skadeloosstelling aan iemand anders as die Versekerde bied, gee nie enige regte aan sodanige persoon om te eis nie, met dien verstande dat die Versekerde namens sodanige persoon moet eis. Ontvangs deur die Versekerde sal in alle gevalle as volle ontslag vir die Maatskappy dien.
14. Kollektiewe Versekering
As hierdie versekering 'n kollektiewe versekering is, word die volgende wysiging aan Algemene Voorwaarde 8.1 hierbo aangebring:
“voorsien die Hoofversekeraar namens die Versekeraars van sodanige bewyse, inligting en beëdigde verklarings wat die Versekeraars mag verlang en enige kennisgewing van ʼn eis of enige kommunikasie, aanmaning, dagvaarding of ander wetlike prosesstukke wat op die Versekerde beteken of begin is in verband met die gebeurtenis wat aanleiding gee tot die eis.”
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Bladsy | 12 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022