Page 15 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 15

 Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
 En Algemene Voorwaarde 9 word vervang met die volgende: Maatskappy se regte na 'n gebeurtenis:
9.1 Met die plaasvind van enige gebeurtenis wat aanleiding mag gee tot ʼn eis, hetsy dit ingestel is of ingestel kan word ingevolge hierdie Polis, mag die Hoofversekeraar en elke persoon wat gemagtig is deur die Hoofversekeraar, sonder om daardeur enige aanspreeklikheid te aanvaar en sonder benadeling van die Hoofversekeraar se regte, reken op enige voorwaardes van hierdie Polis:
9.1.1 enige beskadigde eiendom in besit neem, binne gaan of in besit hou en op enige redelike manier daarmee handel. Hierdie Voorwaarde geld as bewys van magtiging deur die Versekerde aan die Hoofversekeraar om so op te tree. Die Versekerde is nie daarop geregtig om enige eiendom aan die Versekeraars prys te gee nie, hetsy die Versekeraar dit in besit geneem het of nie;
9.1.2 die verdediging of skikking van enige eis in die naam van die Versekerde oorneem en vervolg en in die naam van die Versekerde tot sy eie voordeel enige eis om skadeloosstelling of skadevergoeding of andersins vervolging en volle seggenskap hê in die uitvoering van enige geding en in die skikking van enige eis. Geen erkenning, verklaring, aanbod, belofte, betaling of skadeloosstelling mag sonder die skriftelike toestemming van die Hoofversekeraar deur die Versekerde gedoen word nie.
9.2 Die Versekerde moet, op koste van die Maatskappy, alles doen en toelaat dat dit gedoen word as wat nodig mag wees of redelikerwys deur die Versekeraars vereis kan word ten einde enige regte af te dwing waarop die Versekeraars by skadeloosstelling van die Versekerde gesubrogeer is of sou word, afgesien daarvan of sodanige dinge voor of na sodanige skadeloosstelling vereis word.
9.3 Ten opsigte van enige Afdeling van hierdie Polis ingevolge waarvan skadeloosstelling verleen word vir aanspreeklikheid teenoor derde partye, mag die Versekeraars by die plaasvind van enige gebeurtenis aan die Versekerde die skadeloosstellingsperk betaal wat ten opsigte van sodanige gebeurtenis verleen word, of enige verminderde bedrag waarvoor die eis of eise wat uit sodanige gebeurtenis voortspruit, geskik kan word en die Versekeraars is daarna nie verder aanspreeklik ten opsigte van sodanige gebeurtenis nie.”
15. Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW) 15.1 Omskrywing
BTW beteken die bedrag van Belasting op Toegevoegde Waarde wat deur die Versekerde of die Maatskappy aan die belastingowerhede in die Republiek van Suid-Afrika betaalbaar is.
15.2 Belasting op Toegevoegde Waarde (BTW): ingeslote voorwaarde
Dit word verklaar en ooreengekom dat die monetêre bedrae soos aangedui in die versekerde bedrae en/of skadeloosstellingsperke toegepas sal word op die skadeloosstelling of bedrae wat ingevolge hierdie Polis betaalbaar is en tot watter bedrag die Bepalings, Voorwaardes, Uitsonderings en Beperkings van hierdie Polis van toepassing is, en BTW teen die huidige koers soos bekend gemaak is in wetgewing wat daarmee verband hou.
Onderworpe aan sulke bedrae/skadeloosstellingsperke om voldoende te wees om die bedrae wat onder 15.1 en 15.2 hierbo beskryf word in te sluit, sal die Maatskappy, in soverre die Versekerde se verantwoordelikheid aan die belastingowerhede vir belasting op toegevoegde waarde ten opsigte van enige betaling kragtens hierdie Polis, sal die finale skikking van enige eis ingevolge hierdie Polis die bedrag van sodanige belasting insluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag betaalbaar vir enige Omskrewe Gebeurtenis en die BTW wat daarmee verband hou, nie die versekerde bedrag/skadeloosstellingsperk wat teen sodanige Omskrewe Gebeurtenis gestel is, sal oorskry nie.
In omstandighede waarna hier verwys word waar die Versekerde verplig is om die eerste bedrag van enige verlies (bybetaling) te dra, sal sodanige bedrag ook BTW ingesluit op soortgelyke wyse waarop die versekerde bedrag/skadeloosstellingsperke dit insluit soos hierbo genoem.
In geval van 'n verandering in die BTW-tarief gedurende die versekeringstydperk, word versekerde bedrae, skadeloosstellingsperke en, indien toepaslik, premies outomaties aangepas.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 13


















































































   13   14   15   16   17