Page 17 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 17
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
20. Veranderinge aan die besigheid
20.1 Die Versekerde moet die Maatskappy onmiddellik skriftelik in kennis stel van enige veranderinge aan die besigheid wat die risiko kan verhoog of 'n verhoogde kans op vernietiging, verlies van of skade aan die versekerde eiendom of aanspreeklikheid teenoor derde partye kan veroorsaak.
20.2 Die omskrywing van verandering in 20.1 sal die volgende insluit, maar is nie beperk tot die volgende nie:
20.2.1 veranderinge in die naam van die Versekerde of direkteure of vennote;
20.2.2 veranderinge aan die adres of ligging van die besigheid;
20.2.3 veranderinge in die aard van die besigheidsaktiwiteite, handel of beroep;
20.2.4 veranderinge in die konstruksie van die perseel;
20.2.5 nuwe besigheidsprodukte wat nie voorheen aan die Maatskappy bekend gemaak is nie;
20.2.6 verandering van huurders indien die eiendom uitverhuur word;
20.2.7 besetting van bykomende persele.
20.3 Die Maatskappy mag na eie goeddunke:
20.3.1 die premie of voorwaardes van die Polis wysig;
20.3.2 bykomende bepalings, voorwaardes, uitsonderings vereis;
20.3.3 die Polis kanselleer in ooreenstemming met Algemene Voorwaarde 3 van die Polis.
21. Versekerbare Belang
21.1 Die Versekerde moet, op die datum van die gebeurtenis wat aanleiding gee tot 'n eis, 'n versekerbare belang hê in enige item wat ingevolge hierdie Polis verseker is.
21.2 Indien die Versekerde se versekerbare belang in 'n Versekerde item 'n ander belang as die van eienaar of in besit van die goedere as deel van ʼn goedertrou ooreenkoms is (ingevolge 'n kredietooreenkoms of andersins) wat die risiko van verlies dra, moet die Versekerde die Maatskappy van die aard en omvang van die versekerbare belang inlig voor intreding van die versekering.
21.3 Die dekking vir so 'n item sal eers aanvangs neem wanneer die Maatskappy skriftelike bevestiging gegee het en ingestem het om die eiendom te verseker.
21.4 Indien die aard of omvang van die versekerbare belang in enige item wat ingevolge hierdie polis verseker is verander, moet die Versekerde die Maatskappy onmiddellik skriftelik in kennis stel van sodanige verandering. Indien die Versekerde versuim om dit te doen, sal die Maatskappy daarop geregtig wees om ʼn eis af te wys indien die Versekerde se versekerbare belang nie ooreengekom is deur die Maatskappy nie.
22. Aanhouding, inbeslagneming en verbeuring
Hierdie Polis sluit nie enige verlies, skade, kostes of onkoste in nie, wat regstreeks of onregstreeks voortspruit uit die aanhouding, inbeslagneming, verbeuring, skut of opeising wat wettiglik deur die doeane, Polisie, misdaadvoorkomingseenhede of ander amptenare of owerhede uitgevoer word nie.
23. Diefstal deur valse voorwendsels en bedrog
Hierdie Polis sluit nie verlies van of skade in nie, wat regstreeks of onregstreeks voortspruit uit, of verband hou met diefstal deur valse voorwendsels en/of bedrog nie.
24. Sanksiebeperking en uitsluiting
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om enige eis te betaal of enige voordeel te verleen waar die omvang van die bepalings van sodanige dekking, betaling van sodanige eis of voorsiening van sodanige voordeel die Maatskappy sou blootstel aan enige sanksie, verbod of beperking ingevolge Verenigde Nasies-resolusies of die handel- of ekonomiese sanksies, wette of regulasies van die Europese Unie, die Verenigde Koninkryk of die Verenigde State van Amerika nie.
25. Polisbewoording en Skedule
Die Polisbewoording tesame met die Skedule bevestig die kontrak tussen die Versekerde en die Maatskappy en moet dit as een dokument gelees word. Indien daar enige konflik bestaan tussen die interpretasie van die inhoud van die gedrukte Polisbewoording en die inhoud van die Skedule, sal die Polisskedule voorkeur geniet.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 15