Page 18 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 18
26. Gebrekkige ontwerp, gebrek aan instandhouding en onderhoudskoste
Die versekering wat deur hierdie Polis voorsien word, sluit nie die verlies van of skade aan eiendom soos vermeld in die Skedule wat veroorsaak is deur, of toeskryfbaar is aan, of verband hou met gebrekkige ontwerp, vakmanskap, konstruksie of materiaal of gebrek aan instandhouding of onderhoudskoste in nie.
27. Geleidelike agteruitgang, verweer en slytasie
Die Maatskappy is nie verantwoordelik om ten opsigte van eiendom soos vermeld in die Skedule te betaal vir geleidelike agteruitgang en/of verweer en slytasie wat oor 'n tydperk plaas gevind het nie.
28. Vertraging (uitstel) van dekking
28.1 Geen Afdeling van hierdie Polis sal dekking bied teen verlies van of skade gedurende die eerste 48 (agt en veertig) uur vanaf die datum wat die Polis in werking tree nie wat veroorsaak word deur:
28.1.1 bos- of grasbrand;
28.1.2 ’n benoemde sikloon of waarskuwing, van 'n moontlike tsunami.
28.2 Hierdie Algemene Voorwaarde is nie van toepassing indien hierdie Polisdekking direk volg op 'n vorige Polisafdeling wat dieselfde gebeurtenis insluit sonder 'n onderbreking in dekking nie.
29. Veroudering in geval van verlies van of skade aan:
29.1 elektroniese motors;
29.2 telefoniese kommunikasietoerusting;
29.3 sekuriteitsbeheer-toerusting (kameras ingesluit);
29.4 alarm- en betrappingstelsels;
29.5 TV-antennas insluitende televisie uitsendings- of ontvangstoerusting;
29.6 geslote stroombaan kameras en monitors;
29.7 of enige bybehore of aanhangsel wat daarmee verband hou;
wat die onderwerp van 'n eis soos verseker is waarvoor daar geen onmiddellike plaasvervanger is nie, of waarvoor die agentskap of verskaffer in Suid-Afrika die invoer van sodanige toerusting gestaak het en op voorwaarde dat sodanige toerusting nie herstelbaar is nie, sal sodanige toerusting oorweeg word as verouderd (in onbruik).
In die geval waar die toerusting geag of verklaar word as verouderd sal die grondslag van skadeloosstelling deur die Maatskappy ʼn kontantskikking wees en sal dit bereken word deur die oorspronklike aankoop- of vervangingskoste van die toerusting, minus waardevermindering gebaseer op 'n oplopende koers van 15% (vyftien persent) per jaar, vanaf die datum van aankoop of installasie, met uitsluiting van arbeids- en installasiekoste.
30. Kleurstoflotte, patrone en teksture
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir verlies van of skade aan enige eiendom (of gedeelte van sodanige eiendom) wat in spesifieke kleurstoflotte, kleure, patrone of teksture verskaf of vervaardig word, wat nie (geheel of gedeeltelik) in sulke kleurstoflotte, kleure, patrone of teksture beskikbaar is nie en dit vervang met die naaste kleurstoflot, kleur of tekstuur wat in die vereiste hoeveelheid beskikbaar is.
31. Veranderinge in premies en voorwaardes
Die Maatskappy behou die reg om van tyd tot tyd premies aan te pas of te verhoog of om die Bepalings, Voorwaardes en Uitsluitings van dekking ten opsigte van die Polis te wysig onderhewig aan 31 (een en dertig) dae skriftelike kennisgewing.
32. Eweredigheid
Hierdie voorwaarde is van toepassing op die volgende Afdelings van hierdie Polis:
A B. C. D.
Brand;
Sake-onderbreking;
Geboue Omvattend, maar nie van toepassing op toevallige skade aan sanitêre ware nie; Kantoorinhoud, maar nie van toepassing op toevallige skade aan sanitêre ware nie;
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Bladsy | 16
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022