Page 20 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 20
2. Betalings op rekening
Ten opsigte van enige Afdeling waar bedrae verhaalbaar van die Maatskappy vertraag word in afwagting van die afhandeling van enige eis, kan betalings op rekening aan die Versekerde gemaak word, indien nodig, na goeddunke van die Maatskappy.
3. Eerste bedrag betaalbaar
Behalwe waar daar spesifiek in enige Afdeling voorsiening gemaak word, word die bedrag betaalbaar ingevolge hierdie Polis/Afdeling vir iedere en elke eis, skade of aanspreeklikheid verminder, met die eerste bedrag betaalbaar wat in die Skedule vir die toepaslike omskrewe gebeurtenis aangedui word.
4. Lede, direkteure, vennote of werknemers
Waar die woord "direkteur" gebruik word, word dit geag om ʼn "lid" in te sluit indien die Versekerde 'n beslote korporasie is.
5. Betekenis van woorde
Die Skedule, enige endossemente daarin vervat en die Polisbewoording sal saam gelees word en enige woord of uitdrukking waaraan 'n spesifieke betekenis in enige deel daarvan gegee is, sal sodanige betekenis hê waar dit ook al mag voorkom.
6. Gedek gehou
Indien die Maatskappy 'n risiko gedek hou, sal 'n eis nie afgewys word omrede daar nie op die premie ooreengekom is nie.
7. Versekerde bedrae blanko gelaat in skedule
Indien die versekerde bedrae, skadeloosstellingsperk of vergoeding in ʼn Skedule van die Polis:
7.1 blanko gelaat is of daar geen bedrag daarteenoor aangegee word nie;
7.2 aangegee word as nul of nie van toepassing is nie, nie ingesluit is of geen skadeloosstelling verleen nie;
beteken dit dat die Omskrewe Gebeurtenis of omstandighede wat in die Skedule vermeld word, nie deur die Polis verseker word nie.
8. Sekuriteitsfirmas
Indien ʼn werknemer van ’n sekuriteitsfirma wat ingevolge ʼn kontrak deur die Versekerde in diens geneem is, verlies of skade veroorsaak, stem die Maatskappy in dat ingevolge die vermelde kontrak die Versekerde nie teen die genoemde sekuriteitsfirma mag eis nie, en om nie hul regresreg teen die genoemde sekuriteitsfirma uit te oefen nie. Die Maatskappy sal nie, indien ʼn geldige eis ingevolge enige Afdeling of Onderafdeling van hierdie Polis ingestel word, as verweer aanvoer dat die Maatskappy se regte benadeel is deur die bepalings van enige kontrak wat tussen die Versekerde en enige sekuriteitsverskaffer aangegaan is in verband met die beskerming van die versekerde eiendom nie.
9. Sekuriteitswag
Hierdie Bepaling sal individueel van toepassing wees op die volgende Afdelings van hierdie Polis:
A B. C. D. E. F. G. H. I. J.
Brand;
Geboue Omvattend; Kantoorinhoud; Diefstal;
Glas;
Goedere in transito; Sake Alle Risiko; Elektroniese Toerusting; Huiseienaars; Huisbewoners.
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Bladsy | 18
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022