Page 22 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 22
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Afdeling
Skadeloosstellingsperk
Eerste Bedrag Betaalbaar
Kantoorinhoud
Goedere in Transito
Motor
Elektroniese Toerusting
Lewende hawe en Stamboekdiere (transito alleenlik)
Brand – Oes en Mied & Tabak (Veld na vloer)
Huiseienaars Huisinhoud
Redelike koste wat nie 20% van Versekerde bedrag oorskry nie
R10 000 R20 000 R10 000 R10 000
R20 000
Redelike koste wat nie 20% van Versekerde bedrag oorskry nie
Redelike koste wat nie 20% van Versekerde bedrag oorskry nie
R1 000
R500 R500 R500 R500
R500 R1 000 R1 000
Enige koste met betrekking tot die blus of bevegting van brand, word geag as skade aan die versekerde eiendom te wees en is bykomend betaalbaar tot enige ander betaling waarvoor die Maatskappy aanspreeklik mag wees ingevolge die Afdeling.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde wettiglik aanspreeklik is vir sodanige koste en dat die versekerde eiendom in gevaar was van die brand.
Bykomende versekering mag gekoop word, slegs in terme van die Goedere in Transito afdeling, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
12. Insakking en grondverskuiwing (beperkte dekking)
Hierdie Bepaling sal van toepassing wees op die volgende Afdelings van hierdie Polis:
A Brand;
B. Geboue Omvattend;
C. Kantoorinhoud;
D. Huiseienaars;
E. Huisbewoners.
Hierdie Afdelings word uitgebrei om verlies van of skade aan die versekerde eiendom, wat veroorsaak word deur insakking of grondverskuiwing van die grond wat die vermelde versekerde eiendom ondersteun, of die deining van grond in te sluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige verlies of skade nie veroorsaak is deur of ontstaan het nie uit:
1. normale insakking, krimping of uitsitting van die grond wat die versekerde eiendom ondersteun;
2. veranderinge, toevoegings of herstelwerk aan die gebou(e);
3. kompaksie/verdigting of invulling;
4. gebrekkige of foutiewe ontwerp, materiaal of vakmanskap;
5. uitgrawings buiten mynboubedrywighede;
6. inkrimping en/of uitsetting van grond, klei of soortgelyke tipes grond weens die klammigheid of
waterinhoud daarvan;
7. verwydering of verswakking van ondersteuning aan die versekerde eiendom.
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
1. verlies van of skade aan swembaddens en omliggende gebiede, tennisbane, terrasse, patio's, paadjies, opritte, septiese- of bewaringstenks, dreine, waterweë, mure, hekke, pale en heinings, keermure en beskuttingsmure tensy die versekerde gebou(e) gelyktydig deur dieselfde gebeurtenis beskadig word;
Bladsy | 20 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022