Page 24 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 24
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Afdeling
Verwysing
Wysiging
Brand
Geboue Omvattend Kantoorinhoud Huiseienaars
Kapitaal Toevoegingklousule Kapitaal Toevoegingklousule Kapitaal Toevoegingklousule Kapitaal Toevoegingklousule
Indien die versekeringstydperk meer dikwels as kwartaalliks is, word die woorde “elke kwartaal” gewysig na “elke maand”.
Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
Omskrewe Gebeurtenisse
Benewens die Omskrewe Gebeurtenisse word die volgende bygevoeg:
Die bedrag betaalbaar gedurende enige tydperk van 12 (twaalf) agtereenvolgende maande vanaf aanvangs- of hernuwingsdatum sal nie die versekerde bedrag soos vermeld
in die Skedule by die genoemde aanvangs- of hernuwingsdatum oorskry nie, na gelang van die geval (of dubbel die versekerde bedrag
as die "Vermindering/herstel van versekerde bedrag" Uitbreiding van toepassing is).
As die versekerde bedrag verhoog word, geld die 12 (twaalf) agtereenvolgende maande vanaf die hernuwingsdatum.
Enige herstel tussen die datum van verhoging en die hernuwingsdatum sal nie meer as twee keer die versekerde bedrag wees nie.
Getrouheid (Eerlikheidswaarborg)
Vermindering/Herstel van versekerde bedrag Uitbreiding
Die woorde "jaarlikse premie" word gewysig om "12 (twaalf) keer die maandelikse premie" te lees vir polisse met maandelikse versekeringstydperke en "4 (vier) keer die kwartaallikse premie" of "2 (twee) keer
die halfjaarlikse premie "vir polisse met onderskeidelike kwartaallikse of halfjaarlikse versekeringstydperke.
15. Slotte en sleutels
Hierdie Bepaling sal van toepassing wees op die volgende Afdelings van hierdie Polis:
A. Geboue Omvattend
B. Kantoorinhoud
C. Diefstal
D. Geld
Bykomend tot enige betaling ten opsigte van 'n Omskrewe Gebeurtenis, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van die koste vir die vervanging van slotte en sleutels as gevolg van die verdwyning van enige sleutel of indien die Versekerde rede het om te glo dat enige ongemagtigde persoon in besit mag wees van
so 'n
15.1 15.2 15.3
MET
1. 2.
3.
sleutel of 'n duplikaat het van sodanige sleutel van:
enige houer; of
die versekerde perseel;
nadat diefstal plaasgevind het en die Maatskappy aanspreeklikheid vir sodanige eis aanvaar het;
DIEN VERSTANDE DAT:
die perseel vermeld is in die Skedule;
die aanspreeklikheid van die Maatskappy nie R5 000 (vyf duisend rand) sal oorskry ingevolge 15.1, 15.2 of 15.3 nie of R10 000 (tien duisend rand) as geheel vir enige enkele gebeurtenis nie;
die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Bladsy | 22
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022