Page 26 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 26

 OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skade aan die hele of ʼn gedeelte van die eiendom wat beskryf word in die Skedule, wat aan die Versekerde behoort of waarvoor hul wettiglik verantwoordelik is, insluitend verbouings deur die Versekerde as huurder aan die geboue en strukture as gevolg van:
1. brand;
2. weerlig en donderslag;
3. onderaardse brand;
4. ontploffing;
5. aardbewing (hetsy veroorsaak deur mynbedrywighede of andersins), vulkaniese uitbarsting of ander skudding, maar uitgesluit verlies van of skade aan eiendom in die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6. spesiale gevare:
6.1 storm, wind, water, hael of sneeu uitsluitend skade aan eiendom;
6.1.1 wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan en wat noodsaaklikerwys die gebruik of aanwending van water behels
6.1.2 veroorsaak deur ʼn vloedgolf weens aardbewing;
6.1.3 die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn; of
6.1.4 in die ope (buiten geboue, strukture en toerusting wat ontwerp is om in die ope te wees en te werk) tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule; of
6.1.5 enige struktuur wat nie geheel en al onder dak is nie, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule; of
6.1.6 dien as keermure, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.7 plastiek- en/of tonnels, opleistellasies, hael- en skadunet, rosyne en droograkke en/of drooginstallasies en/of swawelhokke in die ope, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.2 lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word;
6.3 botsing deur diere, bome, antennas, satellietskottels of voertuie, met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennas, satellietskottels of voertuie, of eiendom in of op sodanige voertuie;
6.4 skade deur brand alleenlik aan die versekerde eiendom wat veroorsaak word deur sy eie spontane gisting, natuurlike verhitting of selfontbranding;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Omskrewe Gebeurtenis (spesiale gevare) nie die volgende insluit nie:
1. 2.
3.
veekampe en grensheinings/lyndrade, diere, wild en/of volstruise, miedens en wingerde in die ope; skade veroorsaak of vererger deur:
2.1 ontlading of lekkasie van enige sprinkeltoestel, deurdrenkingstelsel of brandblus-installasie/ toerusting in die versekerde geboue of in die gebou(e) wat die versekerde eiendom bevat;
2.2 insakking of grondverskuiwing;
2.3 die Versekerde se versuim om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die instandhouding en veiligheid van die versekerde eiendom en vir die minimalisering van enige skade;
2.4 muf, vogtigheid, stygende vog, roes, korrosie of verrotting;
verlies van of skade aan besproeiingspype en pomptoerusting wat benede die normale vloedlyn van riviere of spruite geïnstalleer is;
Brand
  BRAND
 Bladsy | 24
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022


































































   24   25   26   27   28