Page 28 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 28

 SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Hierdie versekering sluit nie die volgende in nie:
1. skade aan eiendom wat veroorsaak word deur enige verhittings- of drogingsproses wat dit ondergaan;
2. skade aan eiendom wat ten tye van die skade verseker is of, as dit nie vir hierdie versekering was nie, verseker sou gewees het deur enige marienepolis(se), behalwe ten opsigte van enige bedrag bo die bedrag wat ingevolge die marienepolis(se) betaalbaar sou gewees het indien hierdie versekering nie aangegaan is nie;
3. skade aan eiendom in die ondergrondse bedrywighede van enige myn;
4. Enige verlies van of skade aan:
4.1 effekte, obligasies/skuldbriewe of tjeks;
4.2 rekenaarstelselrekords;
4.3 plofstowwe.
5. skade aan eiendom wat veroorsaak of vererger word deur verweer en slytasie, waardevermindering, geleidelike agteruitgang, motte, ongediertes, insekte en termiete.
SPESIALE BEPALINGS Diere, wild en/of volstruise
1. Vrekte of vernietiging deur weerlig alleenlik of deur brand en weerlig alleenlik
In die geval van vrekte of vernietiging van die diere, wild en/of volstruise gegewe in die Skedule wat direk veroorsaak is deur weerlig alleenlik of brand en weerlig alleenlik, sal die Maatskappy aanspreeklik wees om kragtens hierdie Afdeling, of in die geval van enige ander bestaande versekering, die Versekerde skadeloos te stel vir die omvang van die verlies of skade tot die eweredige deel van die markwaarde van die diere, wild en/of volstruise, of die gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule, wat ook al die minste is, of na die Maatskappy se keuse sodanige eiendom te vervang;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees nie vir:
1. verlies van of skade aan diere, wild en/of volstruise wat nie aan die Versekerde behoort, of in bewaring gehou word of onder die toesig of onder die beheer van die Versekerde of enige werknemer of agent van die Versekerde is nie;
2. in beslag neem, opeising, vernietiging of aanhouding van enige diere, wild en/of volstruise op bevel van enige instansie, regering of openbare owerheid;
3. slag van diere, wild en/of volstruise sonder die toestemming van die Maatskappy behalwe in die geval van ʼn besering wat veroorsaak is deur ʼn versekerde gevaar wat vereis dat die dier in die belang van menslikheid sonder versuim geslag moet word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Maatskappy die geleentheid gebied word om ʼn nadoodse ondersoek deur ʼn veearts van sy keuse te laat doen indien so verkies
4. gevolglike verlies van enige aard hoegenaamd.
2. Toestand van diere
Diere, wild en/of volstruise soos omskryf in die Skedule, moet by aanvang van hierdie versekering in goeie gesondheid verkeer en vry wees van enige kwaal, siekte, lamheid, ongesteldheid, besering of ongeskiktheid.
3. Vrekte van diere, wild en/of volstruise
Tydens die vrekte van enige dier soos omskryf in die Skedule sal die Versekerde die Maatskappy onmiddellik daarvan in kennis stel en die Maatskappy die geleentheid gee om die karkas te ondersoek deur nie daaraan te sny of daarvan weg te doen voor die verstryking van minstens 24 (vier en twintig) uur nadat sodanige kennisgewing deur die Maatskappy ontvang is nie.
Brand
  Bladsy | 26 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022








































































   26   27   28   29   30