Page 30 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 30

 Brand
 5. die Versekerde as Medeversekeraar geag sal word op die gondslag uiteengesit in die onderstaande tabel:
 Ouderdom van bedekking
  Omvang van dekking
  % Medeversekering
  0 tot 12 maande
meer as 12 maande maar nie meer as 24 maande nie
meer as 24 maande maar nie meer as 36 maande nie
meer as 36 maande maar nie meer as 48 maande nie
meer as 48 maande
2. Omskrywing
100% 0%
85% 15%
70% 30%
55% 45%
0% 100%
     Bedekkings en strukture in terme van hierdie Spesiale Bepalings sluit in:
2.1 ankerpunte op strukture en verwante draadwerk;
2.2 plastiese bedekkings van ʼn soortgelyke maak en kwaliteit waar die dikte van die plastiek nie minder as 200 (twee honderd) mikron mag wees nie;
2.3 verwydering van puin en opruimingskoste;
2.4 verwante arbeids- en vervoerkoste.
3. Installasie en oprigting
Installasie en oprigting van strukture en plastiese bedekkings moet ten alle tye ooreenkomstig met die vervaardiger se standaarde, instruksies en spesifikasies geskied wat sal insluit:
3.1 die dikte van alle pype wat deel vorm van die struktuur mag nie afwyk van die vervaardiger se spesifikasies of soos voorgeskryf deur enige ingenieur nie;
3.2 pype wat deel vorm van die struktuur moet geanker wees in beton ooreenkomstig met die spesifikasies;
3.3 draadkabels en/of kettings wat oor die dwarslatte/-balke van die konstruksie hang waaraan opgeleide produkte geheg word, moet korrek gespan wees en mag onder geen omstandighede fisies geheg word aan sodanige dwarslatte/-balke nie, behalwe by die eindpunte van die tonnels.
4. Instandhouding
Indien enige van die tonnels hierdeur verseker elektronies en/of elektries beheer word of funksioneer, moet die werkverrigting van sodanige beheertoerusting gereeld getoets asook in stand gehou word na gelang van die voorgeskrewe instruksies deur die verskaffers/vervaardigers.
5. Memorandum
Dit is ʼn voorvereiste vir enige aanspreeklikheid van die Maatskappy dat ʼn area van minstens vyf (5) meter wyd rondom die versekerde gebou of struktuur skoon gehou sal word van alle brandbare materiaal en plantegroei en dat voorgenoemde van die perseel verwyder sal wees.
Rosyne en droogmatte/-rakke in die ope 1. Rosyne in die ope
1.1
In die geval van verlies van of skade aan die versekerde eiendom soos omskryf in die Skedule, as gevolg van wind, direkte waterskade of waterskade wat gepaard gaan met water-erosie, oorloop en/of vloed soos omskryf onder Omskrewe Gebeurtenisse 6 (spesiale gevare), sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees om meer as 75% (vyf en sewentig persent) te betaal nie, of in die geval van enige ander bestaande versekering, die eweredige deel van 75% (vyf en sewentig persent) van die markwaarde van die versekerde rosyne of die bedrag genomineer deur die Versekerde in ooreenstemming met die Grondslag van Waardasie vervat in hierdie Spesiale Bepalings van toepassing op rosyne in die ope, wat ook al die minste is, onmiddellik voor die gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde geag sal word as sy eie versekeraar vir 25% (vyf en twintig persent) van die genomineerde bedrag;
 Bladsy | 28
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022






























































   28   29   30   31   32