Page 31 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 31

 Brand
 2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van rosyne in die ope op droogstellasies en/of in swawelhokke en/of in die ope op droogbane sal nie R2 000 000 (twee miljoen rand) as geheel vir die jaar by enige enkele risiko adres oorskry nie, of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
3. dekking ten opsigte van rosyne op droogstellasies op mekaar gestapel ten alle tye onderhewig sal wees daaraan dat sodanige droogstellasies stewig en behoorlik met toue en/of draadkabels aan die grond geanker is;
4. dekking ten opsigte van rosyne op droogbane onderhewig is daaraan dat alle redelike voorsorgmaatreëls getref word om rosyne te beskerm teen verlies of skade wat volg op direkte waterskade wat gepaard gaan met water-erosie, oorloop en/of vloed;
5. ʼn 72 (twee en sewentig) uur tydsuitsluiting sal van toepassing wees vanaf aanvangs van dekking;
6. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om die Versekerde skadeloos te stel nie vir enige verlies of skade veroorsaak deur:
6.1 vrot of verrotting van rosyne as gevolg van oormatige vog en/of klammigheid;
6.2 afwaartse gradering van kwaliteit weens die effek van abnormale weertoestande.
1.2 Waardasie
Die grondslag van waardasie in terme van rosyne sal soos volg toegepas word:
   A. Geswawelde druiwe
Keurgraad Standaardgraad Industriële graad
B. Songedroogde druiwe
Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer
            Keurgraad
Standaardgraad
Industriële graad
C. Geloogde druiwe (gewas in ʼn alkaliese oplossing)
Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer
        Keurgraad Standaardgraad Industriële graad
Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer Per kilogram soos deur die Versekerde genomineer
      1.3 Die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis, as gevolg van skade aangerig deur wind terwyl in die ope op drooginstallasies.
2. Droogmatte en/of drooginstallasies en/of swawelhokke in die ope
2.1 In die geval van verlies of skade aan die versekerde eiendom soos omskryf in die Skedule, sal die Maatskappy die Versekerde betaal vir die waarde van die eiendom ten tye van die gebeurtenis van vernietiging, of die bedrag wat sodanige skade beloop, of na die Maatskappy se keuse sodanige eiendom of enige deel daarvan te vervang of herstel;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die aanspreeklikheid van die Maatskappy sal nie die gegewe versekerde bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie;
2. dekking ten opsigte van drooginstallasies op mekaar gestapel sal ten alle tye onderhewig wees daaraan dat sodanige drooginstallasies stewig en behoorlik met toue en/of draadkabels aan die grond geanker is.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 29







































































   29   30   31   32   33