Page 29 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 29
Brand
Die Versekerde sal op sy eie koste binne 14 (veertien) dae nadat hy versoek is deur die Maatskappy sodanige inligting verskaf, gepaardgaande met sodanige veeartssertifikate en bevredigende bewys met betrekking tot die vrekte, identiteit en waarde van die dier. Die onus rus op die Versekerde om te bewys dat ʼn versekerde dier nie gevrek het aan ʼn oorsaak wat in hierdie Afdeling uitgesonder word nie. Indien die eis erken word, sal die Versekerde op die voordeligste manier van die karkas ontslae raak en die bedrag wat daardeur ingewin word, sal aan die Maatskappy behoort;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
in die geval waar eise ontstaan van die vrekte van diere, wild en/of volstruise veroorsaak deur weerlig:
1. met die indiening van ʼn eis sal die Versekerde die Maatskappy voorsien van ʼn beëdigde verklaring wat die volgende bevestig:
1.1 dat weerlig die oorsaak van die dier(e) se vrekte is;
1.2 Verklaring tydens die tyd van verlies van die volle getal diere, wild en/of volstruise in die Versekerde se besit, asook die volle getal diere, wild en/of volstruise wat nie behoort aan, of onder die toesig van, of in bewaring, of onder die beheer van die Versekerde of enige werknemer of agent van die Versekerde is nie.
2. in die geval waar die diere, wild en/of volstruise verseker kragtens hierdie Afdeling vernietig word as gevolg van direkte weerlig, sal die Versekerde aanspreeklik wees vir die eerste 10% (tien persent) van ieder en elke eis onderhewig aan ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) in die geval van grootwild en/of volstruise en ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) in die geval van kleinwild.
3. die voorwaarde van eweredigheid sal hier van toepassing wees.
Herstelkoste – Van toepassing op wingerde
In die geval van verlies of skade as gevolg van ʼn Omskrewe Gebeurtenis, met uitsluiting van spesiale gevare, aan die versekerde eiendom soos omskryf in die Skedule, sal die Maatskappy die Versekerde betaal vir die herstelkoste van die eiendom;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Herstelkoste
Dekking in terme van die item beperk sal wees tot die herstelkoste alleenlik soos omskryf onder die opskrif “Omskrywing” hieronder.
2. Wingerde soos omskryf is uitgebrei om die volgende in te sluit:
2.1 aankoop van die spesifieke wingerdstokke of kultivars;
2.2 arbeid, vervoer en verwante koste relevant tot die herstel van sodanige wingerdstokke;
2.3 verwydering van puin en opruimingskostes;
2.4 koste van swamdoders, kunsmis en insekdoders insluitende die toediening daarvan.
Plastiese tonnels soos omskryf (bedekking alleenlik)
1. Die Maatskappy sal vir verlies van of skade aan plastiese tonnels by die Versekerde perseel betaal soos vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om meer as die waarde van die eiendom en/of die persentasie ten opsigte van die ouderdom van die plastiese bedekkings te betaal nie. Die Maatskappy mag na keuse, die eiendom vergoed, herstel of vervang.
2. die woorde “verweer en slytasie en geleidelike agteruitgang” soos vervat in Spesifieke Uitsondering 2 onder Omskrewe Gebeurtenisse van hierdie Afdeling is nie van toepassing op opleistellasies nie;
3. die voorwaarde van eweredigheid sal hier van toepassing wees;
4. die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) en ʼn maksimum van R25 000 (vyf en twintig duisend rand) sal van toepassing wees op ieder en elke eis;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 27