Page 27 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 27

 Brand
 7. verlies van of skade aan warmwatertoestelle, watertenks, watertoerusting, waterpype, drupbakke, panne en waterverhittingstelsels, as gevolg van skielike en onverwagse barsting en lekkasie, die Versekerde se eiendom geïnstalleer in die gebou(e) soos in die Skedule beskryf;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die
Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om te betaal vir verlies of skade nie:
1.1 veroorsaak of vererger word deur verwering en slytasie, roes, verrotting of geleidelike afteruitgang;
1.2 veroorsaak deur die kraak of die splyting van die eenheid as gevolg van verwering en slytasie;
1.3 as gevolg van die foutiewe materiaal of gebrekkige vakmanskap, onafskeidelike en verborge euwels of foutiewe en gebrekkige ontwerp.
1.4 verhaalbaar in terme van die vervaardiger se waarborg;
1.5 as gevolg van die onderbreking of opsetlike weerhouding van water en brandstofvoorraad en elektrisiteitstoevoer.
2. die
gebeurtenis oorskry nie;
Maatskappy se aanspreeklikheid sal nie R12 500 (twaalf duisend vyf honderd rand), vir enige een
3. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met 'n minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Spesifieke voorwaarde
Die warmwatertoestel(le) moet, waar van toepassing, ingevolge SANS spesifikasie 10254 en die vervaardiger se spesifikasies of in ooreenstemming met enige ander SANS spesifikasie wat van toepassing mag wees geïnstalleer word. Indien die Maatskappy kan bewys dat die toestel nie in ooreenstemming met die spesifikasies geïnstalleer is nie, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R1 500 (een duisend vyf honderd rand) van elke eis bykomend tot die eerste bedrag betaalbaar soos gestipuleer in bogenoemde voorwaarde 3;
8. toevallige skade aan sanitêre ware tot en met R50 000 (vyftig duisend rand). Hierdie uitbreiding sal onderhewig wees aan ʼn eerste bedrag betaalbaar van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis;
9. skade veroorsaak deur ontlading of lekkasie van enige sprinkeltoestel of deurdrenkingstelsel of brandblus- installasie/toerusting in die versekerde geboue of in die gebou(e) wat die versekerde eiendom bevat tot en met R50 000 (vyftig duisend rand);
10. Skadunette en (af)dakke:
10.1 die Maatskappy sal vir die verlies van of skade aan skadunette en (af)dakke in die ope by die versekerde eiendom betaal indien dit ingesluit is by die versekerde bedrag wat veroorsaak word deur hael, wind, sneeu of storm tot en met R50 000 (vyftig duisend rand) vir iedere en elke gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die voorwaarde van eweredigheid hier van toepassing sal wees;
2. die Versekerde as medeversekeraar geag sal word op die grondslag uiteengesit in die onderstaande tabel:
 Ouderdom van skadunette
  % Medeversekering
  Ouderdom van skadunette
  % Medeversekering
  Tot en met 1 jaar 10%
Tot en met 2 jaar 25%
Tot en met 3 jaar 40%
Tot en met 4 jaar 60%
Tot en met 5 jaar 80%
Ouer as 5 jaar 100%
   10.2 Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
11. sodanige bykomende gevare soos gegewe in die Skedule ingesluit word.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 25






























































   25   26   27   28   29