Page 25 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 25
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
Bykomende versekering mag gekoop word, slegs in terme van die Geld afdeling, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
17. Eiendom onder konstruksie of verandering
Skade aan eiendom verseker deur hierdie Polis tydens die oprigting en/of voltooiing en/of verandering en/of enige verlies wat gepaard gaan met onderbreking of inmenging van die besigheid ingevolge die skade totdat die finale kontrak voltooi is, sal nie R2 500 000 (twee miljoen vyf honderd duisend rand) oorskry nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Voorwaarde nie van toepassing is nie ten opsigte van skade aan:
1. enige gedeelte van ʼn onvoltooide eiendom wat oorhandig is vir gebruik van die Versekerde en wat bevredigend getoets en in gebruik geneem is;
2. bestaande versekerde eiendom wat veroorsaak is deur 'n Omskrewe Gebeurtenis wat nie andersins deur hierdie Polis uitgesluit is nie.
18. Waarborge en endossemente
Indien die dekking onderhewig is aan 'n spesifieke waarborg(e) of vereiste(s) of daar korting op die premie toegestaan is as gevolg van die ontvangs van korting vir voorsorgmaatreëls wat ingestel is op enige Afdeling van hierdie Polis en hierdie maatreëls nie in plek, onderhou en/of operasioneel is ten tye van die verlies of skade waarvoor 'n eis ingedien word nie, kan die Maatskappy die eis afwys.
19. Antennes en Satellietskottels
Hierdie Bepaling sal van toepassing wees op die volgende Afdelings van hierdie Polis:
A Brand;
B. Geboue Omvattend;
C. Huiseienaars;
D. Huisbewoners.
Bykomend tot enige betaling ten opsigte van 'n Omskrewe Gebeurtenis, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van die koste van die vervanging van antennes en satellietskottels wat veroorsaak word deur toevallige brekasie of ineenstorting daarvan:
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die perseel vermeld is in die Skedule;
2. die aanspreeklikheid van die Maatskappy sal nie R5 000 (vyf duisend rand) of R10 000 (tien duisend rand) as geheel vir enige enkele gebeurtenis oorskry nie;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 23