Page 23 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 23
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
2. verlies van of skade aan vaste vloerblaaie of enige deel van die versekerde eiendom wat voortspruit uit die beweging van sulke vloerblaaie, tensy die fondament wat die buitemure van die versekerde gebou(e) ondersteun, gelyktydig deur dieselfde oorsaak beskadig word;
3. gevolglike verlies hoegenaamd;
4. skade wat bestaan met die aanvang van dekking.
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir werk wat nodig is om verdere verlies of skade te voorkom nie weens insakking, grondverskuiwing of deinings nie, behalwe waar toepaslike ontwerp-voorsorgmaatreëls geïmplementeer was tydens die oorspronklike konstruksie van die versekerde eiendom en enige daaropvolgende byvoegings.
Die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste R2 500 (twee duisend vyf honderd rand) van elke gebeurtenis wat aanleiding gee tot 'n eis.
Indien nodig, moet die Versekerde bewys lewer dat die verlies of skade waarvoor geëis word, veroorsaak is deur insakking, grondverskuiwing of deinings.
13. Kragstuwing
Hierdie Bepaling is van toepassing op elkeen van die volgende Afdelings:
A B. C. D. E. F. G.
In die
verhoging in die toevoer of stroomspanning van die elektriese stroombaan, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel tot en met R100 000 (een honderd duisend rand) in geheel vir iedere en elke gebeurtenis of reeks gebeurtenisse wat ontstaan uit een voorval;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis, met 'n minimum bedrag van R2 500 (twee duisend vyfhonderd rand) vir ieder en elke eis; of
2. indien ten tye van die verlies die eiendom deur 'n SANS (Suid Afrikaanse Nasionale Standaard) goedgekeurde kragstuwingsapparaat beskerm is, en installasie in ooreenstemming met die SANS vereistes is, sal die eerste bedrag betaalbaar soos in 1 genoem kwyt geskeld word;
3. verlies van of skade aan die versekerde eiendom weens 'n direkte blitsstaking is uitgesluit;
Onderhewig aan die omskrywings, bepalings, spesifieke uitsonderings, terme en voorwaardes van hierdie Afdelings
14. Tydperk van versekering
Indien die versekeringstydperk (buiten die eerste versekeringstydperk) vir 'n tydperk van minder as 12 (twaalf) maande is, word die volgende wysigings aan die Polis aangebring:
Brand;
Geboue Omvattend; Kantoorinhoud; Toevallige skade; Sake-onderbreking; Huiseienaars; Huisbewoners.
geval van skade aan of verlies van die versekerde eiendom veroorsaak deur 'n onvoorsiene, tydelike
Afdeling
Verwysing
Wysiging
Algemene Brand
Sake-onderbreking Rekeninge Ontvangbaar Motorvloot
Premie aanpassingsklousule
Spesifieke voorwaarde 1.2 in Voorraadverklaringvoorwaardes
Deposito-premie-klousule Aanpassingsklousule Premie aanpassingsklousule
Die woorde “elke periode van versekering” word gewysig na “elke periode van
twaalf agtereenvolgende maande vanaf aanvangsdatum of hernuwingsdatum”.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 21