Page 21 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 21

 Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
 Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir die indiensneming van wagte wat nodig is om die versekerde eiendom te beskerm na ʼn gebeurtenis plaas gevind het in terme van die Omskrewe Gebeurtenis, maar nie meer as R10 000 (tien duisend rand) per gebeurtenis nie.
10. Kwaadwillige skade
Hierdie Bepaling sal van toepassing wees op die volgende Afdelings van hierdie Polis:
A. Brand, uitgesluit kamp- en lyn/grensdrade, diere, wild en/of volstruise, miedens en wingerdstokke in die ope;
B. Geboue Omvattend;
C. Kantoorinhoud;
D. Huiseienaars;
E. Huisbewoners.
Die Maatskappy sal betaal vir verlies of skade direk veroorsaak deur, of vanweë, of as gevolg van die doelbewuste of opsetlike of onbehoorlike daad van enige persoon wat gepleeg is met die bedoeling om sodanige verlies of skade aan die versekerde eiendom soos in die Skedule vermeld, te veroorsaak.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Bepaling nie die volgende insluit nie:
1. skade wat verband hou met of veroorsaak word deur brand of ontploffing;
2. verlies van of skade aan eiendom waarvoor skadeloosstelling beskikbaar is ingevolge die Diefstal-afdeling van die Polis;
3. gevolglike verlies of skade of indirekte verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies van huur indien spesifiek verseker;
4. skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
5. skade veroorsaak deur permanente of tydelike onteiening as gevolg van konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
6. skade wat verband hou met of veroorsaak is deur enige gebeurtenis waarna verwys word in Algemene uitsondering 1.1.1, 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis of die handeling van enige wettig ingestelde owerheid in die beheer, voorkoming, onderdrukking of op enige ander manier sodanige gebeurtenis hanteer word.
Indien die Maatskappy kan bewys dat, weens bogenoemde Bepalings 1, 2, 3, 3, 4, 5 of 6 verlies of skade nie deur hierdie Bepaling ingesluit word nie, sal die onus op die Versekerde rus om die teendeel te bewys.
Indien 'n gebou wat verseker is of die versekerde eiendom bevat, vir 30 (dertig) opeenvolgende dae in onbruik staan, word die versekering ten opsigte van hierdie Bepaling opgeskort ten opsigte van die betrokke eiendom, tensy die Versekerde voor die gebeurtenis van enige skade, skriftelike magtiging van die Maatskappy ontvang om hierdie Bepaling voort te sit.
Gedurende die tydperk van die aanvanklike onbruik van 30 (dertig) opeenvolgende dae, word die Versekerde geag as 'n medeverskeraar met die Maatskappy en sal die Versekerde verantwoordelik wees vir 'n gedeelte van enige skade gelykstaande aan 20% (twintig persent) van die eis, voor die aftrekking van enige eerste bedrag betaalbaar.
11. Brandbluskostes
Hierdie Bepaling sal van toepassing wees op die volgende Afdelings van hierdie Polis:
Brand Redelike koste wat nie 20% van die Versekerde bedrag oorskry nie
R1 000 R1 000
 Afdeling
  Skadeloosstellingsperk
  Eerste Bedrag Betaalbaar
     Geboue Omvattend
Redelike koste wat nie 20% van Versekerde bedrag oorskry nie
    Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
Bladsy | 19



































































   19   20   21   22   23