Page 19 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 19
Algemene Uitsonderings, Voorwaardes en Bepalings
E. Glas;
F. Elektroniese Toerusting;
G. Huiseienaars, maar nie van toepassing op toevallige skade aan sanitêre ware nie;
H. Huisbewoners, maar nie van toepassing op toevallige skade aan spieëls en glas nie.
As die versekerde eiendom met die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur enige Versekerde gevaar verseker, gesamentlik van meer waarde is as die skadeloosstellingsperk daarop, sal die Versekerde as hul eie versekeraar beskou word vir die verskil en dienooreenkomstig 'n eweredige deel van die verlies dra. Elke item, indien meer as een, sal afsonderlik onderhewig wees aan hierdie Voorwaarde.
Toepaslik op windpompe, diere, wild en volstruise
Indien ten tye van enige verlies van die diere, wild en/of volstruise en windpompe soos verseker ingevolge hierdie Polis teen die Gevare, soos omskryf in die onderskeie Afdelings van die Polis, gevind word dat die hoeveelheid van die spesifieke soort diere, wild en/of volstruise en windpompe meer is as die Versekerde hoeveelheid, dan word die Versekerde as sy eie versekeraar beskou vir die verskil en sal dienooreenkomstig 'n eweredige deel van die verlies dra. Elke item, indien meer as een, sal afsonderlik onderhewig wees aan hierdie Voorwaarde.
33. 72 uur opeenvolgende gebeurtenis
Dit word verklaar en ooreengekom dat alle verlies of skade aan eiendom wat in die Skedule vermeld is, gedurende een tydperk van 72 opeenvolgende ure gedurende die geldigheid van hierdie Polis voorkom, direk veroorsaak deur enige van die volgende gevare, naamlik: orkaan, tifoon, windstorm, reënstorm, haelstorm, tornado, aardbewing, seebewing, vloedgolf, vulkaniese uitbarsting, en ten opsigte van kwaadwillige skade binne die grense van enige stad, dorp of dorpie, word geag veroorsaak te wees deur 'n enkele gebeurtenis en dus een verlies vorm vir die doel van hierdie Polis.
Watter tydperk van 72 opeenvolgende ure ook al gebruik word vir die doel van hierdie Algemene Voorwaarde, sal ook gebruik word vir doeleindes van enige Eerste Bedrag Betaalbaar bepalings in hierdie Polis. 'n Gebeurtenis wat ononderbroke voortduur vir 'n tydperk van meer as 72 uur, word egter nie as meer as een gebeurtenis vir die doeleindes van die toepassing van die Eerste Bedrag Betaalbaar beskou nie.
Indien enige tydperk waarna hierbo verwys word, intree voor die verstryking en uitbrei na die verstryking van hierdie Polis, sal die Maatskappy alle sodanige verliese wat gedurende sodanige tydperk plaasvind betaal asof daardie tydperk heeltemal binne die termyn van hierdie Polis val.
Die Maatskappy sal egter nie aanspreeklik wees ingevolge hierdie Algemene Voorwaarde vir enige verlies wat plaasvind voor die effektiewe datum en tyd of intreding na die vervaldatum en -tyd van hierdie Polis nie.
34. Mediese uitgawe-voordeel
Die mediese voordeel wat in enige Afdeling van hierdie Polis ingesluit word, verskaf nie die voordele van 'n mediese skema nie en is nie 'n plaasvervanger vir 'n mediese skema-lidmaatskap nie.
ALGEMENE BEPALINGS
1. Eisevoorbereidingskoste
Die versekering van elke Afdeling van hierdie Polis word uitgebrei om kostes wat redelikerwys deur die Versekerde aangegaan is vir die voorsiening en beëdiging van enige besonderhede of omstandighede wat deur die Maatskappy vereis word ingevolge Algemene Voorwaarde 8 – Eise of om die bedrag van enige eis te staaf in te sluit;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige kostes beperk is tot ʼn maksimum van R250 000 (twee honderd en vyftig duisend rand) vir ieder en elke geval as geheel vir die jaar van toepassing op alle Afdelings wat as toenemend geëis word onder 1.1.
Bykomende versekering mag per afdeling gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking in terme van die Bepaling sal wees.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 17