Page 32 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 32

 Brand
 Ruvoergewasse, hooi, strooi, kaf en soortgelyke gewasse in geboue, asook tabak in lugdroogskure
1. In geval van verlies of skade aan die versekerde eiendom wat veroorsaak word deur brand, weerlig of ontploffing, sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees om meer as 75% (vyf en sewentig persent) te betaal nie of, in die geval van enige ander bestaande versekering, die eweredige deel van 75% (vyf en sewentig persent) van die markwaarde van die versekerde eiendom of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule wat ook al die minste is, onmiddellik voor die brand of ontploffing;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde beskou sal word as sy eie versekeraar vir 25% (vyf en twintig persent) van die markwaarde van die versekerde eiendom of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, wat ook al die minste is;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van ruvoergewasse wat gestoor word in ingeslote geboue, nie R350 000 (drie honderd en vyftig duisend rand) per gebou sal oorskry nie of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
3. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van ruvoergewasse wat gestoor word in ander nie-ingeslote geboue nie R150 000 (een honderd en vyftig duisend rand) per gebou sal oorskry nie of gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
4. ten opsigte van die stoor van ruvoer, is dit ʼn voorvereiste van enige aanspreeklikheid dat ʼn area van minstens vyf (5) meter wyd rondom elke gebou of in die onmiddellike omgewing van die betrokke versekerde gebou of struktuur waarin ruvoer van enige aard gehou of gestoor word, skoon gehou sal word van alle brandbare materiaal en plantegroei en dat voorgenoemde van die terrein verwyder sal wees.
2. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
verlies van of skade aan tabak in lugdroogskure as gevolg van water;
TENSY:
skade gepaard gaan met skade aan die gebou as gevolg van ʼn Omskrewe Gebeurtenis.
Ruvoer, hooi, strooi, kaf en soortgelyke gewasse in miedens/stapels in die ope gepak
In die geval van verlies of skade aan die versekerde eiendom soos omskryf in die Skedule:
1. sal die Maatskappy nie aanspreeklik wees om meer as 75% (vyf en sewentig persent) van die markwaarde onmiddellik voor die verlies of skade te betaal nie, of die versekerde bedrag, wat ook al die minste is;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Versekerde beskou sal word as sy eie versekeraar vir 25% (vyf en twintig persent) van die markwaarde van die versekerde eiendom of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule, wat ook al die minste is;
2. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van ruvoergewasse wat in die ope in ʼn mied/stapel gepak of wat in ʼn groep miedens/stapels gepak is, nie R350 000 (drie honderd en vyftig duisend rand) sal oorskry nie of die gegewe bedrag vermeld in die Skedule;
3. een of meer miedens/stapels of groepe miedens/stapels wat gesamentlik nie R350 000 (drie honderd en vyftig duisend rand) in waarde oorskry nie en minder as 100 (een honderd) meter van ʼn ander geleë is, beskou sal word as een brandrisiko.
2. Memorandum
Dit is ʼn voorvereiste van enige aanspreeklikheid van die Maatskappy dat ʼn area van minstens tien 10 (tien) meter wyd rondom die betrokke versekerde mied/stapel en groep miedens/stapels wat ʼn enkele brandrisiko vorm skoon gehou sal word van alle brandbare materiaal en plantegroei en dat voorgenoemde van die terrein verwyder sal wees.
3. Miedwaarborg
Dekking vir miedens bestaande uit oulandsgras (Eragrostis) en/of veldgras sal slegs van toepassing wees op gebaalde gras wat gedurende die huidige seisoen gesny is.
Andersins is dit onderhewig aan die bepalings, voorwaardes en uitsonderings van hierdie Afdeling en Polis.
Bladsy | 30 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022
 









































































   30   31   32   33   34