Page 34 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 34

 MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. Bepalings 1, 2, 3 en 4 van die herstelwaarde-voorwaardes soortgelyk op hierdie klousule van toepassing is;
2. by die toepassing van die Bepalings 3 van die herstelwaarde-voorwaardes, die koste (soos voorsien in Bepaling 3) “wat aangegaan sou gewees het vir vervanging of herstel indien die totale eiendom beskadig was” verhoog word deur sodanige bedrag wat ingevolge die alternatiewe vervangingsklousule betaalbaar is en wat meer is as dit wat betaalbaar sou gewees het ingevolge die Klousule: Herstelwaardevoorwaardes, sou dit moontlik gewees het om die eiendom daarkragtens te vervang of te herstel
Arbeider-/kontrakteur-/werknemer-klousule
Indien ʼn arbeider, kontrakteur of werknemer sonder die wete van die Versekerde iets doen, of versuim om iets te doen wat teenstrydig is met die voorwaardes van hierdie Afdeling, sal dekking nie nietig verklaar word nie. Die Versekerde moet die Maatskappy van so ʼn daad of versuim in kennis stel sodra hy/sy daarvan bewus word.
Argitek- en ander professionele fooie
Die versekering onder kolomme 1 en 3 van die Skedule sluit professionele fooie in (vir kosteberamings, planne, spesifikasies, hoeveelhede, tenders en toesighouding), wat noodwendig aangegaan word in die herstel of vervanging van die versekerde eiendom na skade weens ʼn Omskrewe Gebeurtenis, maar sal in geen geval 20% (twintig persent) van die bedrag betaalbaar vir sodanige skade oorskry nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag verhaalbaar nie die bedrag waarvoor die geaffekteerde eiendom verseker is, sal oorskry nie. Die bedrag betaalbaar ten opsigte van sodanige fooie sal nie uitgawes insluit wat aangegaan is om die Versekerde se eis voor te berei nie.
Dienste Wyn
Die term Dienste Wyn in hierdie Afdeling van die Polis sal beteken: Druiwe soos ontvang van die boer (onverwerkte produk), die produk terwyl dit in die wynmaakproses is en die eindproduk (wyn), hetsy gebottel of in wyntenks, en alle verwante produkte terwyl dit in bewaring gehou word, of onder die toesig, of onder die beheer van die Versekerde is, vir die doeleindes om ʼn spesifieke diens aan ʼn boer te lewer vir die maak van wyn.
Fooie om munisipale planne te ondersoek
Die versekering onder Kolom 1 van die Skedule sluit fooie in om munisipale planne te ondersoek;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag verhaalbaar kragtens enige item nie die versekerde bedrag op die geaffekteerde gebou sal oorskry nie.
Hamermeule
Ten opsigte van die versekering kragtens hierdie Afdeling is dit 'n voorvereiste vir enige aanspreeklikheid van die Maatskappy dat geen maalproses binne enige versekerde gebou of struktuur of binne 'n area van ten minste 5 (vyf) meter vanaf sodanige gebou of struktuur plaasvind nie, tensy spesifiek gestipuleer tot die teendeel in hierdie Afdeling van die Polis.
Herstelwaarde-voorwaardes
In die geval van eiendom (behalwe voorraad) wat beskadig word, sal die grondslag waarop die bedrag betaalbaar bereken word die koste van die vervanging of herstel op dieselfde terrein, met eiendom van dieselfde soort of aard, maar nie beter of meer omvangryk nie as die versekerde eiendom toe dit nuut was;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die vervangings- of herstelwerk (wat op ʼn ander terrein uitgevoer mag word op enige manier wat aan die Versekerde se vereistes voldoen, onderworpe daaraan dat dit nie die aanspreeklikheid van die Maatskappy verhoog nie) aanvang neem en met bekwame spoed uitgevoer word, anders sal geen betaling gemaak word bo en behalwe die bedrag wat betaalbaar sou wees indien hierdie herstelwaarde voorwaarde nie hierby ingelyf was nie;
Brand
  Bladsy | 32 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022












































































   32   33   34   35   36