Page 36 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 36
Koste van sloping, verwydering van puin en die oprigting van skuttings
Die versekering onder hierdie Afdeling sluit koste in noodsaaklikerwys deur die Versekerde aangegaan in die sloping van geboue of masjinerie en/of die verwydering van puin (insluitende voorraadpuin) en in die voorsiening, oprigting en instandhouding van skuttings gedurende sloping, opruiming en/of herboubedrywighede na skade aan die versekerde eiendom weens ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag verhaalbaar nie die versekerde bedrag op die eiendom wat geaffekteer is, sal oorskry nie. Die Maatskappy sal nie vir die volgende kostes en uitgawes betaal nie:
1. aangegaan in die verwydering van puin, behalwe van die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die area onmiddellik aanliggend tot die terrein;
2. wat voortspruit uit besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie verseker is onder hierdie Polis/Afdeling nie.
Motors en pomptoerusting
Die Maatskappy sal betaal vir die vervanging, of herstel van, verlies van, of skade aan vaste filtreringsaanlegte, waterpompmasjinerie, hekmotors of motorhuismotors weens ʼn versekerde gevaar;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om meer as R10 000 (tien duisend rand) per gebeurtenis of R50 000 (vyftig duisend rand) gedurende enige een versekeringstydperk te betaal nie;
2. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir elke eis;
3. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om die volgende te vergoed nie:
3.1 outomatiese swembadskoonmakers;
3.2 verlies of skade as gevolg van verweer en slytasie;
3.3 geleidelike agteruitgang;
3.4 onafskeidelik en verborge euwels;
3.5 enige verlies of skade verhaalbaar onder waarborg.
Pluimvee (spesiale gevare soos omskryf onder Omskrewe Gebeurtenisse in hierdie Afdeling)
Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir die vrekte van pluimvee as gevolg van Spesiale Gevare soos omskryf, tensy die pluimvee ten minste ses (6) weke oud is nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die vrekte van pluimvee sal onderhewig wees aan ʼn versekerde gevaar wat gepaard gaan met fisiese verlies of skade aan die struktuur of strukture waarin sodanige pluimvee gehuisves word.
Spoedaflewering en oortyd
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir bykomende kostes aangegaan vir spoedaflewering, lugvrag, oortyd, Sondag- en vakansieloon betaalbaar ten opsigte van die nodige en redelike bykomende kostes aangegaan om herstelwerk en vervanging te bewerkstellig wat deur die Maatskappy goedgekeur is, beperk tot 50% (vyftig persent) van die bedrag wat die herstelwerk of vervanging sou kos indien hierdie bykomende kostes nie aangegaan is nie.
Spoorweg en ander subrogasie
Die Versekerde word nie benadeel nie, deur die ondertekening van Transnet se besteldiensvrywaring insake gevaarlike persele of ander spesiale ooreenkomste met die Transnet-administrasie betreffende private sylyne of soortgelyke ooreenkomste met ander staatsliggame.
Tuinuitleg
Die Maatskappy sal tot en met R10 000 (tien duisend rand) betaal vir kostes wat redelikerwys en noodsaaklikerwys aangegaan word deur die Versekerde vir die vervanging van bome, struike, grasperke, plante en vaste besproeiingstelsels geleë op die gronde van die versekerde geboue soos vermeld in die Skedule.
Brand
Bladsy | 34 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022