Page 38 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 38
1.1.2 ten opsigte van skade wat nie kragtens hierdie Afdeling verseker is nie;
1.1.3 waar kennis daarvan aan die Versekerde gegee is voordat die skade plaasgevind het;
1.1.4 ten opsigte van onbeskadigde versekerde eiendom of onbeskadigde gedeeltes van die versekerde eiendom behalwe fondamente (tensy fondamente spesifiek uitgesluit is van hierdie versekering) van die beskadigde gedeelte.
1.2 die bykomende koste wat nodig is om die beskadigde versekerde eiendom te herstel tot 'n toestand wat gelyk is aan die toestand daarvan toe dit nuut was, indien die noodsaaklikheid om aan enige van die voorgemelde regulasies te voldoen, nie ontstaan het nie;
1.3 die bedrag van enige munisipale of ander belasting, regte, ontwikkelingskoste of ander heffings of aanslag wat uit waardevermeerdering voortspruit en wat betaalbaar mag wees ten opsigte van die eiendom of deur die eienaar daarvan weens die voldoening aan enige van die voorgemelde regulasies;
2. die herstel- of herbouwerk moet aanvang neem en met bekwame spoed uitgevoer word en dit mag in die geheel of gedeeltelik op ʼn ander terrein uitgevoer word (indien bogemelde regulasies dit vereis), onderworpe daaraan dat die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge hierdie Klousule nie daardeur verhoog word nie;
3. indien die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge enige item van hierdie Afdeling, afgesien van hierdie Klousule, verminder word deur die toepassing van enige van die Bepalings, Uitsonderings en Voorwaardes van hierdie Afdeling, die aanspreeklikheid van die Maatskappy ingevolge hierdie Klousule ten opsigte van enige sodanige item in dieselfde verhouding verminder word;
4. die totale bedrag verhaalbaar ingevolge enige item van hierdie Afdeling nie die versekerde bedrag daardeur oorskry nie.
Verslegting van onbeskadigde voorraad
Die versekering onder hierdie item is beperk tot die verslegting van onbeskadigde voorraad as gevolg van die Versekerde se onvermoë om sodanige voorraad te verwerk weens ʼn Omskrewe Gebeurtenis onder hierdie Afdeling;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. sodanige voorraad deur die besigheid gebruik sou word indien die Omskrewe Gebeurtenis nie plaasgevind het nie;
2. sodanige voorraad kan nie voor of, sover as wat redelikerwys voorsien kan word, na die verloop van twee (2) jaar van die datum van die gebeurtenis gebruik word nie;
3. die bedrag betaalbaar beperk sal word tot die wesenlike aankoopprys wat die Versekerde vir sodanige voorraad betaal het of die wesenlike vervaardigingskoste aangegaan in die produksie van sodanige voorraad tot en met die gebeurtenis plaas gevind het, minus, die verkoop van geredde goedere, die netto opbrengs van sodanige verkope.
Voertuigvrag
Indien enige van die Versekerde se voertuie oornag met 'n vrag daarop gelaat word terwyl dit in, of op die perseel is soos vermeld in die Skedule, sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel ten opsigte van sodanige vrag in die geval van verlies of skade as gevolg van enige van die gevare waarteen daar kragtens hierdie Afdeling verseker word.
Waardasie van voorraad (in afwesigheid van voorraadverklaringsvoorwaardes)
Indien handelsvoorraad en -materiale verseker onder hierdie Afdeling nie onderhewig is aan voorraadverklarings- voorwaardes nie, sal enige eis hieronder op die grondslag van die markwaarde onmiddellik voor die skade geskik word. In die geval waar die markwaarde van die handelsvoorraad en -materiale onmiddellik voor die skade meer is as die versekerde bedrag daarop, sal die Spesifieke Voorwaarde van Eweredigheid op hierdie Afdeling geld.
Waterlekke/Verlies van water
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir die koste van waterverlies weens lekke uit pype in enige gebou, eenheid of op gemeenskaplike eiendom en waarvoor die Versekerde verantwoordelik is om te betaal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy die Versekerde slegs sal skadeloosstel vir die koste van bykomende waterverbruik in die geval waar die kwartaallikse watermeterlesing van waterverbruik die gemiddelde waterlesings met 50% (vyftig persent) of meer oorskry;
Brand
Bladsy | 36 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022