Page 40 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 40
Eweredigheid uitbreiding: Dag-een-basis (nie-aanpasbaar) – slegs van toepassing op geboue en masjinerie
Die items waarop hierdie Uitbreiding van toepassing is en hul verklaarde waarde, word vermeld in die Skedule.
1. Die Versekerde gegewe in skrif die verklaarde waarde ingesluit in elke item, waarop die hierdie Uitbreiding van toepassing is, en die premie dienooreenkomstig bereken is.
'Verklaarde Waarde' sal beteken, die Versekerde se waardebepaling van die koste vir die herstelwaarde van die eiendom verseker in ooreenstemming met die eerste paragraaf van die Herstelwaarde-voorwaardes teen die kostevlakke by die aanvang van ʼn versekeringstydperk (deur inflasionêre faktore te ignoreer wat daaropvolgend mag funksioneer na die vasstelling van die Verklaarde Waarde) insluitend in soverre die versekering op die item betref, genoegsame speling toelaat vir:
1.1 die bykomende kostes van herstelwaarde om te voldoen aan die Vereistes van Openbare Owerhede (soos hierin vermeld);
1.2 argitek- en ander professionele fooie (soos hierin vermeld);
1.3 kostes vir die sloping en puinverwydering en die oprigting van skutting (soos hierin vermeld).
2. By die aanvang van elke versekeringstydperk sal die Versekerde die Maatskappy in kennis stel van die verklaarde waarde van die eiendom volgens elke genoemde item. Indien sodanige verklaring ontbreek, sal die laaste bedrag wat die Versekerde verklaar het, as die verklaarde waarde vir die volgende versekeringstydperk geag word.
3. Nieteenstaande enige Algemene Voorwaarde of endossement tot die teendeel, sal die volgende bewoording van toepassing wees by Voorwaarde 3 van die Herstelwaarde-voorwaarde:
"Elke item onder hierdie voorwaardes verseker, word geag afsonderlik onderworpe aan eweredigheid te wees, naamlik:
indien, ten tye van die skade, die verklaarde waarde van die eiendom wat deur sodanige item verseker is, minder is as die koste van herstelwaarde (soos omskryf in paragraaf 1 hierbo) by die aanvang van die versekeringstydperk, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid vir enige verlies hierdeur verseker, beperk wees tot die gedeelte daarvan waarvoor die verklaarde waarde bydra na sodanige koste vir herstelwaarde."
Die volgende spesiale memorandum word by die Herstelwaarde-voorwaardes gevoeg:
Waar, weens enige van hierdie voorwaardes, geen betaling gemaak word bo die bedrag wat betaal sou wees as hierdie Uitbreiding nie hierby ingelyf was nie, sal die regte en aanspreeklikheid van die Maatskappy en die Versekerde ten opsigte van die vernietiging of skade onderworpe wees aan die bepalings en voorwaardes van die Polis, insluitende enige voorwaarde van eweredigheid daarin, asof hierdie Uitbreiding nie daarby ingelyf was nie, behalwe dat die totale bedrag betaalbaar beperk sal word tot ʼn maksimum van die persentasie van die verklaarde waarde soos in die Skedule aangedui.
4. In die geval van verlies, sal die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van eiendom waarop hierdie Uitbreiding van toepassing is, nie die maksimum bedrae wat vermeld is in die Skedule oorskry nie.
5. Indien hierdie Afdeling van die Polis onderworpe is aan ʼn kapitaletoevoegingsklousule, sal sodanige klousule geskrap word en deur die volgende vervang word:
"Die versekering word hierdeur uitgebrei om verbouings, toevoegings/aanbouings en verbeterings in te sluit (maar nie waardevermeerdering bo die versekerde bedrae nie) ten opsigte van eiendom hierin gespesifiseer (behalwe voorraad) vir ʼn bedrag wat nie 10% (tien persent) van sodanige versekerde bedrag oorskry nie. Dit word verstaan dat die Versekerde onderneem om die Maatskappy kwartaalliks in te lig van sodanige verbouings, aanbouings en verbeterings, en die toepaslike bykomende premie daarvoor te betaal".
Handelsmerke en etikette
In die geval van verlies van of skade aan versekerde eiendom wat ʼn handelsnaam, handelsmerk of etiket of waar die verkoop van sodanige eiendom enige waarborg dra of waar die verkoop van sodanige eiendom ʼn nadelige invloed op die markwaarde van soortgelyke eiendom mag hê, onderneem die Maatskappy om alle sodanige handelsname, handelsmerke, etikette en waarborge te verwyder, voor wegdoening en vasstelling van die waarde van die geredde items.
Brand
Bladsy | 38 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022