Page 41 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 41

 Brand
 Daar word verder ooreengekom dat indien daar houers is waarop handelsname, handelsmerke, etikette of waarborge nie verwyder kan word nie, die inhoud verwyder word en in gewone houers geplaas word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
in die geval van verlies van, of skade aan etikette of name, die bedrag betaalbaar die koste van die etikettering en/of opknapping van die eiendom sal wees. Die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van elke eis met ʼn minimum bedrag van R2 500 (twee duisend vyf honderd rand).
Huur (indien onder kolom 2 verseker)
Die Maatskappy sal die bedrag betaal van huur ontvangbaar, huur betaalbaar of huurwaarde (na gelang van die geval) hieronder omskryf, indien die perseel vermeld in die Skedule onverhuurbaar raak gedurende die tydperk daarin gestipuleer as gevolg, van skade deur ʼn Omskrewe Gebeurtenis.
die werklike huur ontvangbaar deur die Versekerde ten tye van die gebeurtenis vir die voorgenoemde perseel of vir sodanige gedeelte daarvan as wat dan verhuur mag wees
die werklike huur betaalbaar deur die Versekerde aan die eienaar of verhuurder van die genoemde perseel
die werklike huurwaarde van die genoemde perseel
Die bedrag betaalbaar ingevolge hierdie klousule is in die verhouding waarin die versekerde bedrag staan tot die werklike huurgeld ontvangbaar/huurgeld betaalbaar of die huurwaarde van die perseel na gelang van die geval en indien die perseel nie vir die hele vermelde tydperk onverhuurbaar is nie, is die Maatskappy slegs aanspreeklik om sodanige deel te betaal, van die bedrag wat betaalbaar is as dié wat die tydperk waartydens die vermelde perseel onverhuurbaar bly, uitmaak van die hele termyn wat hierbo gespesifiseer is, maar die tydperk mag nie die tydsduur wat nodig is om die perseel in ’n verhuurbare toestand te bring, oorskry nie.
Insakking en grondverskuiwing (uitgebreide dekking)
1. Hierdie Afdeling word uitgebrei om verlies van, of skade aan die versekerde eiendom in te sluit wat veroorsaak is deur insakking of verskuiwing van die grond wat vermelde versekerde eiendom stut en/of ondersteun, of die heffing daarvan;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
sodanige verlies of skade nie veroorsaak is deur, of voortspruit uit die volgende nie:
1. normale vassakking, inkrimping of uitsetting van die grond wat die versekerde eiendom stut en/of ondersteun;
2. verbouings, aanbouings of herstelwerk aan die versekerde eiendom;
3. kompaktering of opvulling;
4. gebrekkige of foutiewe ontwerp, materiale of vakmanskap;
5. uitgrawings, anders as in die loop van mynboubedrywighede;
6. inkrimping en/of uitsetting van grond, klei of soortgelyke tipes grond weens die klammigheid of waterinhoud daarvan;
7. verwydering of verswakking van stutwerk by die versekerde eiendom.
2. Die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie vir:
2.1 verlies van, of skade aan septiese of opgaartenks, dreine, watervore/-kanale, tensy die gebou(e) tegelykertyd en deur dieselfde gebeurtenis beskadig is;
2.2 gevolglike verlies hoegenaamd;
2.3 bestaande skade by die aanvang van hierdie dekking.
3. Die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 5% (vyf present) van die eis met ʼn minimum bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) van ieder en elke gebeurtenis wat aanleiding gee tot ʼn eis.
4. Indien vereis, moet die Versekerde bewys lewer dat die verlies of skade waarvoor geëis word deur insakking, grondverskuiwing of heffing veroorsaak is.
 Huur ontvangbaar
 Huur betaalbaar
 Huurwaarde
       Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 39




































































   39   40   41   42   43