Page 39 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 39

 Brand
 2. die skadeloosstellingsperk ten opsigte van die koste van waterverlies nie R15 000 (vyftien duisend rand) per gebeurtenis of R50 000 (vyftig duisend rand) gedurende enige een versekeringstydperk oorskry nie;
3. dis ʼn voorvereiste vir aanspreeklikheid kragtens hierdie Uitbreiding dat, sodra ʼn lek ontdek word (deur fisiese bewys of na ontvangs van ʼn buitengewone hoë waterrekening) die Versekerde onmiddellike sal optree om die lekkasie te identifiseer en die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype te herstel;
4. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die identifisering van waterlekke op die perseel tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
5. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die volmaak van ʼn swembad of dammetjies na instandhouding of herstelwerk tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
6. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees nie, om te betaal vir:
6.1 die koste van regstelling insluitende herstelwerk aan die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype;
6.2 verliese as gevolg van:
6.2.1 lekkende krane, warmwatertoestelle, toiletstelsels, swembaddens of enige ander watertenk;
6.2.2 enige opsetlike verhandeling van die Versekerde;
6.2.3 krane of andersins krane wat oopgelos is na gebruik;
6.2.4 enige eenheid wat vir meer as 30 (dertig) aaneenlopende dae onbewoon gelaat is.
7. Die versekerde sal verantwoordelik wees vir 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand), vir ieder en elke eis.
Wegdoening van geredde goedere
Sonder om die regte van die Maatskappy aan te tas, indien die Maatskappy wil steun op die bepalings van die Algemene Voorwaardes in geval van ʼn verlies, stem die Maatskappy in om geen eiendom wat onderworpe is aan ʼn eis, te verkoop of andersins daarmee weg te doen, sonder die toestemming van die Versekerde nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die Versekerde tot die bevrediging van die Maatskappy kan bewys dat sy belange sodoende benadeel word, in welke geval die Maatskappy instem om die Versekerde eerste keuse te bied om sodanige eiendom terug te koop teen die billike intrinsieke waarde of markwaarde, wat ook al die grootste is.
Die Versekerde is nie ingevolge die bepalings van hierdie klousule daarop geregtig om enige eiendom aan die Maatskappy prys te gee nie, hetsy die Maatskappy daarvan besit geneem het of nie.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule) Bykomende lekkasie – eerste verlies
Skade wat veroorsaak is deur lekkasie of ontlading van enige sprinkelaar, deurdrenkingstelsel of brandblusinstallasies/ toestelle.
Indien 'n eersteverliesperk in die Skedule teenoor hierdie bykomende gevaar aangetoon word, is die bedrag van sodanige perk die maksimum aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van enige enkele gebeurtenis en, slegs vir die doeleindes van hierdie Uitbreiding, sal die volgende die Eweredigheidsvoorwaarde wat vooraf hierin uiteengesit is, vervang:
‟Indien die versekerde eiendom by die aanvang van enige skade aan sodanige eiendom deur die lekkasie of ontlading, gesamentlik meer werd is as die bedrag waarteen dit teen brandskade verseker is, sal die Maatskappy ingevolge hierdie uitbreiding slegs aanspreeklik wees vir dié deel van die eersteverliesperk wat die versekerde bedrag teen brand van die totale waarde van sodanige eiendom uitmaak en word die Versekerde sy eie versekeraar geag vir die verskil en dra hy dienooreenkomstig ’n eweredige deel van die verlies. Elke item, indien daar meer as een is, waarop hierdie uitbreiding van toepassing is, is afsonderlik aan hierdie klousule onderworpe.”
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 37












































































   37   38   39   40   41