Page 37 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 37

 Brand
 MET DIEN VERSTANDE DAT:
Sodanige verlies of skade veroorsaak is deur:
1. brand, ontploffing of as gevolg van brandbestrydingsoperasies;
2. enige ander nooddiensoperasie;
3. impak van voertuie of lugvaartuie en ander lugtoestelle;
4. enige opsetlike of kwaadwillige handeling;
5. maar uitsluitend diefstal of poging tot diefstal.
Tydelike herstelwerk en maatreëls na verlies
Dié versekering onder hierdie Afdeling is uitgebrei om alle kostes en/of uitgawes in te sluit wat redelikerwys aangegaan is deur die Versekerde om sodanige tydelike herstelwerk uit te voer en/of sodanige tydelike maatreëls te tref as wat redelikerwys noodsaaklik mag wees na die verlies of skade aan eiendom as gevolg van ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige verlies of skade en kostes en uitgawes nie R50 000 (vyftig duisend rand) in geheel sal oorskry nie.
Tydelike verwydering
Behalwe in die mate waarin dit andersins verseker is, word die versekerde eiendom verseker terwyl dit tydelik na ʼn ander plek verskuif word op die perseel wat in die Skedule vermeld word, of na enige ander perseel insluitende transito per pad, spoor of binnelandse waterweg op enige plek binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Malawi;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid hoogstens 20% (twintig persent) is van die versekerde bedrag, tensy die doel van sodanige tydelike verwydering vir die skoonmaak, hernuwing, herstel of ʼn soortgelyke proses is;
2. die bedrag wat ingevolge hierdie Klousule betaalbaar is, hoogstens die bedrag is wat betaalbaar sou gewees het indien die skade op die deel van die perseel plaasgevind het waarvandaan die eiendom tydelik verwyder is.
Verandering en wanbeskrywing
Die versekering kragtens hierdie Afdeling word nie benadeel deur enige verandering of wanbeskrywing van okkupasie, hetsy weens die oordrag van prosesse of masjinerie, of op grond van die aankoop van bykomende persele, strukturele veranderings of herstelwerk aan geboue, toerusting of masjinerie nie, met dien verstande dat die Maatskappy so gou as moontlik na so 'n gebeurtenis daarvan in kennis gestel word en die Versekerde, indien nodig, 'n bykomende premie betaal.
Verbandhouer
Die belang van enige Verbandhouer in die versekering onder hierdie Afdeling sal nie benadeel word deur die Verbandgewer se dade of versuim waarvan die Verbandhouer nie kennis dra nie. Die Verbandhouer sal egter die Maatskappy in kennis stel van sodanige daad of versuim wat hierdie versekering mag benadeel sodra hy daarvan bewus word en hy is aanspreeklik vir enige bykomende premie betaalbaar vanaf die datum waarop enige verhoogde risiko, ingevolge hierdie Voorwaarde, deur die Maatskappy aanvaar word.
Vereistes van openbare owerhede
Die versekering kragtens hierdie Afdeling sluit in sodanige bykomende koste vir die herstel- of herboukoste van die beskadigde eiendom wat aangegaan word alleenlik vanweë die noodsaaklikheid om te voldoen aan bou- of ander regulasies kragtens enige parlementswet of verordening van enige provinsiale, munisipale of ander plaaslike owerheid.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die bedrag verhaalbaar onder hierdie klousule sal nie insluit nie:
1.1 koste aangegaan om aan enige van die voorgemelde regulasies te voldoen:
1.1.1 ten opsigte van skade wat plaasvind voordat hierdie Klousule in werking getree het;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 35







































































   35   36   37   38   39