Page 42 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 42

 Oproer en staking
Onderworpe aan die Bepalings, Voorwaardes, Uitsluitings, Uitsonderings en Waarborge wat daarin vervat word, word hierdie Afdeling uitgebrei om skade in te sluit wat regstreeks veroorsaak word deur, of deur middel van, of as gevolg van:
1. burgerlike beroering, arbeidsonluste, oproer, staking of uitsluiting;
2. die optrede van enige wettig ingestelde owerheid by die beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word met enige gebeurtenis waarna in (1) hierbo verwys word;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding sal nie die volgende insluit nie:
1. verlies of skade wat binne die Republiek van Suid-Afrika en Namibië plaasvind;
2. gevolglike of onregstreekse verlies of skade van enige aard of beskrywing hoegenaamd, behalwe verlies aan huurgeld, indien dit spesifiek verseker is;
3. verlies of skade wat voortspruit uit die algehele of gedeeltelike staking van werk, of die vertraging of onderbreking of staking van enige proses of werksaamheid;
4. verlies of skade wat veroorsaak word deur permanente of tydelike besitsontneming wat spruit uit die konfiskering, kommandering of rekwisisie deur enige wettig ingestelde owerheid;
5. verlies of skade wat verband hou met of veroorsaak word deur enige gebeurtenis waarna daar in Algemene Uitsondering 1.1.2, 1.1.3, 1.1.4, 1.1.5 of 1.1.6 van hierdie Polis verwys word, of enige optrede van enige wettig ingestelde owerheid in beheer, voorkoming of onderdrukking van, of terwyl daar op enige ander wyse gehandel word, met sodanige gebeurtenis.
Indien die Maatskappy uit hoofde van voorbehoudsbepaling 1, 2, 3, 4 of 5 hierbo kan bewys dat hierdie Afdeling nie verlies of skade insluit nie, rus die onus op die Versekerde om die teendeel te bewys.
Prysaanpassing/Inflasie (Jaar 1 en Jaar 2)
Gedurende elke versekeringstydperk word die versekerde bedrag(-e) ingevolge kolomme 1 en/of 3 van hierdie Afdeling verhoog met daardie deel van die persentasie soos in die Skedule vermeld as die verhouding wat die aantal dae sedert die aanvang van sodanige tydperk uitmaak van die geheel van sodanige tydperk. Tensy anders ooreengekom, is hierdie bepalings slegs van toepassing op die versekerde bedrag(-e) wat ten tye van die aanvang van die versekeringstydperk van krag is.
By elke hernuwingsdatum moet die Versekerde die Maatskappy in kennis stel van die bedrag(-e) wat verseker moet word vir die komende versekeringstydperk en die persentasie verhoging wat vir sodanige tydperk verlang word. By versuim daarvan word die bepalings van hierdie klousule gestaak.
Temperatuur alle risiko klousule
As teenprestasie vir die betaling van ʼn bykomende premie word hierdie Afdeling uitgebrei om die volgende in te sluit:
Verslegting of bederf van handelsvoorraad terwyl geberg in enige verkoelingseenheid in enige gebou op die Versekerde perseel as gevolg van die verandering van temperatuur weens ʼn versekerde gevaar beskryf in die omskrewe gebeurtenisse van hierde afdeling;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
dit toevallige, onvoorsienbaar en skielike fisiese skade aan die verkoelingsmasjinerie veroorsaak deur:
1. onderbrekings van die elektrisiteitstoevoer (insluitend gas en paraffien), tensy dit weens die doelbewuste optrede van enige verskaffingsowerheid is, of ʼn tekort aan brandstof of water of droogte by enige kragstasie;
2. besmetting deur verkoelingsdampe as ʼn regstreekse gevolg van onvoorsiene en skielike fisiese skade aan die verkoelingsmasjinerie;
3. die aanspreeklikheid van die Maatskappy ten opsigte van hierdie Endossement nie die bedrag vermeld in die Skedule, sal oorskry nie;
4. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) van ieder en elke eis.
Brand
  Bladsy | 40 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022









































































   40   41   42   43   44