Page 43 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 43

 Brand
 Dekking hierkragtens voorsien is slegs van krag terwyl die verkoelingseenheid onderworpe is aan ʼn vervaardiger se waarborg (indien van toepassing) of ʼn dienskontrak waarvan bewys op aanvraag aan die Maatskappy gelewer moet word;
ALTYD MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie endossement nie dekking verleen ten opsigte van die verslegting van handelsvoorraad nie weens:
1. verweer en slytasie of geleidelike agteruitgang van die verkoelingsmasjinerie;
2. staking van die registreertoestelle vir die temperatuurbeheerkontroles;
3. verbruikbare en vervangbare komponente van die verkoelingsmasjinerie.
Voorraadverklaringsvoorwaardes
Ten opsigte van bedryfsvoorraad en -materiaal wat ingevolge hierdie Afdeling verseker word, en wat onderworpe is aan die voorraadverklaringsvoorwaardes, word die premie op 75% (vyf en sewentig persent) van die bedrag of bedrae waarteen dit verseker is, bereken, onderworpe aan die volgende spesifieke voorwaardes:
1. 1.1 Die Versekerde moet skriftelik aan die Maatskappy die markwaarde van sy bedryfsvoorraad en -materiaal op die laaste dag van elke maand/kwartaal (soos vermeld in die skedule) verklaar en sodanige verklaring moet binne 30 dae vanaf daardie datum gedoen word anders word dit geag dat hy die versekerde bedrag ten opsigte van sodanige eiendom as die markwaarde daarvan verklaar het.
1.2 Na elke versekeringstydperk word die premie bereken op die gemiddelde versekerde bedrag, naamlik die totaal van die waardes wat verklaar is, of geag word verklaar te wees, verdeel deur die getal verklarings wat afgelê moes word. Indien die premie so bereken verskil van die voorlopige premie, word die verskil deur of aan die Versekerde betaal na gelang van die geval, maar die bedrag wat deur die Maatskappy betaalbaar is, is hoogstens 50% (vyftig persent) van die voorlopige premie.
2. Enige eis hierkragtens word op die grondslag van die markwaarde onmiddellik voor die skade geskik.
3. Indien daar, na die plaasvind van skade gevind word, dat die bedrag van die laaste verklaring minder is as die bedrag wat verklaar moes gewees het, word die bedrag wat deur die Versekerde verhaalbaar sou wees, in sodanige verhouding verminder as die wat die bedrag van die genoemde verklarings uitmaak van die bedrag wat verklaar moes gewees het, of tot die versekerde bedrag, wat ook al die minste is. Indien van toepassing, werk die bepalings van hierdie Voorwaarde kumulatief saam met die bepalings van die Algemene Voorwaarde wat betrekking het op eweredigheid.
4. As teenprestasie daarvoor dat die versekering nie deur die bedrag van enige verlies verminder word nie, moet die Versekerde vanaf die datum van die verlies tot die verstryking van die versekeringstydperk, bykomende premie op die bedrag van die verlies betaal. Sodanige bykomende premie, word nie by die finale aanpassingspremie in ag geneem nie en word daarvan onderskei.
5. Die Maatskappy se aanspreeklikheid sal nie die versekerde bedrag vermeld in die Skedule oorskry nie en die premie is nie ontvangbaar ten opsigte van waardes wat dit oorskry nie.
6. Bogemelde Spesifieke Voorwaarde geld afsonderlik vir elke item van die spesifikasie waarop hierdie voorraadverklaringsvoorwaarde van toepassing is.
Wilde diere (geboue)
Die Maatskappy sal betaal vir verlies of skade deur wilde diere aangerig aan geboue en buitegeboue soos vermeld in die Skedule. Vir die doel van hierdie dekking sal wilde diere nie as ongediertes beskou word nie.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy nie meer as die gegewe bedrag vermeld in die Skedule sal betaal nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke eis.
Wilde diere (inhoud)
Die Maatskappy sal betaal vir verlies van, of skade aangerig deur wilde diere aan die inhoud van die gebou(e) en buitegebou(e) soos vermeld in die Skedule. Vir die doel van hierdie dekking sal wilde diere nie as ongediertes beskou word nie.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 41











































































   41   42   43   44   45