Page 45 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 45
Geboue Omvattend
ONDERAFDELING A – EIENDOM OMSKREWE GEBEURTENISSE
GEBOUE OMVATTEND
Skade aan die geheel of ʼn gedeelte van die eiendom beskryf in die Skedule, wat deur die Versekerde besit word of waarvoor hul regtens verantwoordelik is, insluitend veranderinge gemaak deur die Versekerde as huurders van die geboue en strukture deur:
1. brand;
2. weerlig en donderslag;
3. onderaardse brand;
4. ontploffing;
5. aardbewing (hetsy veroorsaak deur mynbedrywighede of andersins), vulkaniese uitbarsting of ander skudding, maar uitgesluit verlies van, of skade aan eiendom in die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6. spesiale gevare:
6.1 storm, wind, water, hael of sneeu, uitsluitend skade aan eiendom;
6.1.1 wat voortspruit uit enige proses wat dit ondergaan en wat noodsaaklikerwys die gebruik of aanwending van water behels
6.1.2 ʼn vloedgolf weens aardbewing;
6.1.3 die ondergrondse bedrywighede van ʼn myn;
6.1.4 of enige struktuur wat nie geheel en al onder dak is nie, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.5 of dien as keermure, tensy spesifiek verseker as ʼn afsonderlike item in die Skedule;
6.1.6 soos hekke, pale en grensdrade wat nie van klip, beton, staal of bakstene gebou is nie;
6.2 lugvaartuie en ander lugtoestelle of voorwerpe wat daaruit laat val word;
6.3 botsing deur diere, bome (behalwe vallende bome terwyl kontrakteurs besig is met die afkap daarvan), antennas, satellietskottels of voertuie, met uitsluiting van skade aan sodanige diere, bome, antennas, satellietskottels, voertuie, of eiendom in of op sodanige voertuie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Omskrewe Gebeurtenis (spesiale gevare) nie die volgende insluit nie:
1. skade veroorsaak of vererger deur:
1.1 ontlading of lekkasie van enige sprinkeltoestel of deurdrenkingstelsel in die geboue hierkragtens verseker wat meer beloop as R50 000 (vyftig duisend rand);
1.2 insakking of grondverskuiwing;
1.3 die Versekerde se versuim om alle redelike voorsorgmaatreëls te tref vir die instandhouding en veiligheid van die versekerde eiendom en vir die minimalisering van enige skade;
1.4 muf, vogtigheid, stygende vog, roes, korrosie of verrotting;
1.5 gevolglike verlies of skade van watter aard ook al, buiten die Verlies aan Huurgeld soos omskryf in Onderafdeling C van hierdie Afdeling.
7. verlies van of skade aan warmwatertoestelle, watertenks, watertoerusting, waterpype, drupbakke, panne en waterverhittingstelsels, as gevolg van skielike en onverwagse barsting en lekkasie, wat die Versekerde in die geboue soos in die Skedule beskryf, geïnstalleer het;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 43