Page 46 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 46
1. die
Maatskappy nie aanspreeklik sal wees om te betaal vir verlies of skade nie:
1.1 veroorsaak of vererger word deur verwering en slytasie, roes, verrotting of geleidelike afteruitgang;
1.2 veroorsaak deur die kraak of die splyting van die eenheid as gevolg van verwering en slytasie;
1.3 as gevolg van die foutiewe materiaal of gebrekkige vakmanskap, onafskeidelike en verborge euwels of foutiewe en gebrekkige ontwerp;
1.4 verhaalbaar in terme van die vervaardiger se waarborg;
1.5 as gevolg van die onderbreking of opsetlike weerhouding van water en brandstofvoorraad en elektrisiteitstoevoer.
2. die
gebeurtenis oorskry nie;
Maatskappy se aanspreeklikheid sal nie R12 500 (twaalf duisend vyf honderd rand), vir enige een
3. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met 'n minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis.
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
Spesifieke voorwaarde
Die warmwatertoestel(le) moet waar van toepassing, ingevolge SANS spesifikasie 10254 en die vervaardiger se spesifikasies of in ooreenstemming met enige ander SANS spesifikasie wat van toepassing mag wees geïnstalleer word. Indien die Maatskappy kan bewys dat die toestel nie in ooreenstemming met die spesifikasies geïnstalleer is nie, sal die Versekerde verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R1 500 (een duisend vyf honderd rand) van elke eis bykomend tot die eerste bedrag betaalbaar soos gestipuleer in bogenoemde voorwaarde 3;
8. toevallige skade aan sanitêre ware en vaste glas tot en met R50 000 (vyftig duisend rand) vir ieder en elke geval van sodanige skade en die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van R1 000 (een duisend rand).
Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees;
9. diefstal (of enige poging daartoe) gepaardgaande met sigbare tekens van kragdadige of gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou(e). Indien enige versekerde gebou of ʼn gebou(-e) wat versekerde eiendom bevat, vir 30 (dertig) opeenvolgende dae onbeset gelaat word, word die versekering ingevolge hierdie Uitbreiding opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom, tensy die Versekerde voor die plaasvind van enige sodanige skade die skriftelike toestemming van die Maatskappy bekom vir die voortsetting van hierdie Uitbreiding. Gedurende die aanvanklike tydperk van 30 (dertig) opeenvolgende dae van onbeset staan, word die Versekerde as ʼn medeversekeraar geag saam met die Maatskappy en sal die Versekerde verantwoordelik wees vir ʼn eweredige deel van enige skade gelykstaande aan 20% (twintig persent) van die eis voor die aftrekking van enige eerste bedrag betaalbaar;
10. skadunette en afdakke:
10.1 die Maatskappy sal vir die verlies van, of skade aan skadunette en (af)dakke in die ope by die versekerde eiendom betaal indien dit ingesluit is by, die versekerde bedrag wat veroorsaak word deur hael, wind, sneeu of storm tot en met R50 000 (vyftig duisend rand) vir ieder en elke gebeurtenis
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Geboue Omvattend
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. 2.
Tot op 1 jaar
Tot op 2 jaar
Tot op 3 jaar
die voorwaarde van eweredigheid hier van toepassing sal wees;
die Versekerde as medeversekeraar geag sal word op die grondslag uiteengesit in die onderstaande tabel:
Ouderdom van skadunette
% van Medeversekering
Ouderdom van skadunette
% van Medeversekering
10%
25%
40%
Tot op 4 jaar 60%
Tot op 5 jaar 80%
Ouer as 5 jaar 100%
Bladsy | 44
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022