Page 47 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 47
Geboue Omvattend
10.2 Bykomende versekering mag gekoop word, in welke geval die bedrag in die Skedule vermeld, bo en behalwe die outomatiese dekking sal wees.
11. sodanige bykomende gevare soos vermeld in die Skedule sal ingesluit word.
OMSKRYWING VAN EIENDOM
Al die geboue verseker en omskryf in die Skedule, met inbegrip van alle buitegeboue daarvan (gebou van steen, klip, beton of metaal op metaalraamwerk met leiklip-, teëls-, metaal-, beton of asbes tensy anders vermeld in die Skedule), en sport- en ontspanningstrukture, die verhuurder se los en vaste toebehore daarin en daarop (insluitend maar nie beperk tot, toekringtelevisie en kameras, brandblustoerusting, weerligafleiers, vaste lugversorgingseenhede, lugvervarser waaiers en warmwatertoestelle (insluitend sonverhitting-warmwatertoestelle en sonverhitting-warmwatertoestelle verhittingspanele), vaste filtreringstelsels, water-pomp toerusting, elektriese hekmotors, motorhuisdeur-toerusting of diefalarmstelsels), elektriese verhittingstelsels, septiese riooltenks, mure (behalwe damwalle) hekke, pale, omheinings (buiten aangeplante heinings), geteerde of geplaveide paaie, opritte, weë of parkeerareas.
SPESIFIEKE UITSONDERINGS
Hierdie versekering sluit nie die volgende in nie:
skade aan eiendom wat veroorsaak of vererger word deur verweer en slytasie, waardevermindering, geleidelike agteruitgang, motte, ongediertes, insekte en termiete.
ONDERAFDELING B – OPENBARE TOEVOERVERBINDINGS OMSKREWE GEBEURTENISSE
Toevallige skade aan water-, riool-, gas-, elektrisiteit- en telekommunikasieverbindings wat die eiendom van die Versekerde is, of waarvoor hy regtens verantwoordelik is, tussen die versekerde eiendom en die openbare hooftoevoerverbindingspunte.
ONDERAFDELING C – HUURGELD OMSKREWE GEBEURTENISSE
1. Waar die sakeonderneming van die Versekerde ʼn hotel, losieshuis, bed-en-ontbyt fasiliteit of gelyksoortige onderneming is:
Verlies van huurgeld as gevolg daarvan dat die versekerde eiendom sodanig beskadig is deur enige van die gespesifiseerde gevare dat dit onverhuurbaar is, (insluitende gedeeltelik onverhuurbaar), maar slegs vir die tydperk wat vir die herstel nodig is en vir 'n bedrag van hoogstens 30% (dertig persent) van die versekerde bedrag van toepassing op geboue, toerusting en masjinerie. Die grondslag van berekening sal wees die huurgeld betaalbaar deur die Versekerde as huurder van die geboue, toerusting en masjinerie onmiddellik voor die skade of, as die Versekerde nie die huurder van die geboue, toerusting of masjinerie is nie, die gelykstaande huurwaarde wat die verhuurder sou ontvang indien al die geboue, toerusting en masjinerie aan ʼn enkele wettige entiteit verhuur sou word.
2. Waar die sakeonderneming van die Versekerde verskil van dié in 1 hierbo vermeld:
Verlies van huurgeld as gevolg daarvan dat die versekerde eiendom sodanig beskadig is deur enige van die gespesifiseerde gevare dat dit onverhuurbaar is, (insluitende gedeeltelik onverhuurbaar), maar slegs vir die tydperk wat vir die herstel nodig is en vir 'n bedrag van hoogstens 30% (dertig persent) van die versekerde bedrag waarvoor die eiendom verseker is. Die grondslag van berekening sal wees die huurgeld wat onmiddellik voor die skade betaalbaar is of die gelykstaande huurwaarde daarvan.
ONDERAFDELING D – AANSPREEKLIKHEID OMSKREWE GEBEURTENISSE
Skadevergoeding waarvoor die Versekerde regtens aanspreeklik gehou word as gevolg van die toevallige dood, of liggaamlike besering, of siekte van enige persoon (hierna besering genoem) of die toevallige verlies van, of fisieke skade aan tasbare eiendom (hierna skade genoem) wat voorkom gedurende die versekeringstydperk in, op of in die omgewing van die versekerde eiendom en wat voortspruit uit die Versekerde se eienaarskap daarvan.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 45