Page 49 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 49
Geboue Omvattend
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die algehele aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog word bó die skadeloosstellingsperk wat in die Skedule vermeld word nie.
2. Met dien verstande dat die totale aanspreeklikheid van die Maatskappy nie verhoog word bó die skadeloosstellingsperk wat vermeld word nie, stel die Maatskappy ook, asof 'n afsonderlike Polis aan elkeen uitgereik is, die volgende skadeloos:
2.1 in geval van die dood van die Versekerde, enige persoonlike verteenwoordiger van die Versekerde ten opsigte van aanspreeklikheid wat deur die Versekerde opgeloop is;
2.2 enige vennoot of 'n direkteur of lid of werknemer van die Versekerde (indien die Versekerde dit verlang) teen enige eis waarvoor die Versekerde op skadeloosstelling ingevolge hierdie versekering geregtig is.
3. Slegs ten opsigte van hierdie Onderafdeling word Algemene Uitsondering 1 geskrap en deur die volgende vervang: "Hierdie Onderafdeling sluit nie besering, skade of aanspreeklikheid wat regstreeks of onregstreeks veroorsaak is deur, of verband hou met, of die gevolg is van oorlog, inval, die optrede van 'n buitelandse vyand, vyandelikhede of krygsverrigtinge (hetsy oorlog verklaar is al dan nie), burgeroorlog, muitery, opstand, rebellie, revolusie, militêre of geüsurpeerde gesag in nie".
4. Indien, ten tye van enige voorval wat aanleiding gee tot ’n eis ingevolge hierdie onderafdeling, skadeloosstelling ingevolge enige ander versekering verleen word, dra hierdie onderafdeling nie saam met enige ander versekering by nie, behalwe met betrekking tot enige oorskryding bó die bedrag wat deur sodanige ander versekering betaalbaar is.
5. Nieteenstaande Spesifieke Uitsondering 3 sal die Maatskappy die Versekerde skadeloosstel indien ʼn tuindienstemaatskappy onder kontrak aangestel is om die tuin by die versekerde perseel soos vermeld in die Skedule, in stand te hou en wettiglik aanspreeklik is vir die handelinge of versuim van die werknemers van die tuindienste in die uitvoer van hul pligte by die perseel.
KLOUSULES EN UITBREIDINGS Argitek- en ander professionele fooie
Die versekering onder kolomme 1 en 3 van die Skedule sluit professionele fooie in (vir kosteberamings, planne, spesifikasies, hoeveelhede, tenders en toesighouding), wat noodwendig aangegaan word in die herstel of vervanging van die versekerde eiendom na skade weens ʼn Omskrewe Gebeurtenis, maar in geen geval 20% (twintig persent) van die bedrag betaalbaar vir sodanige skade oorskry nie;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag verhaalbaar nie die bedrag waarvoor die geaffekteerde eiendom verseker is, sal oorskry nie. Die bedrag betaalbaar ten opsigte van sodanige fooie sal nie uitgawes insluit wat aangegaan is om die Versekerde se eis voor te berei nie.
Eksterne naamborde, afdakke en blindings
Koste redelikerwys en noodsaaklikerwys aangegaan deur die Versekerde in die Versekerde se hoedanigheid as eienaar van die geboue weens skade as gevolg van enige versekerde gevaar soos omskryf in Onderafdeling A, vir die vervanging van eksterne naamborde, afdakke en blindings, geleë op die versekerde perseel soos vermeld in die Skedule;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele gebeurtenis nie R5 000 (vyf duisend rand) oorskry nie;
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke gebeurtenis.
Fooie om munisipale planne te ondersoek
Die versekering onder hierdie Afdeling sluit fooie in om munisipale planne te ondersoek;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die totale bedrag verhaalbaar kragtens enige item nie die versekerde bedrag op die geaffekteerde gebou sal oorskry nie.
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 47