Page 51 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 51

 Geboue Omvattend
 1. aangegaan in die verwydering van puin, behalwe van die terrein van sodanige eiendom wat vernietig of beskadig is en die area onmiddellik aanliggend tot die terrein;
2. wat voortspruit uit besoedeling of kontaminasie van eiendom wat nie verseker is onder hierdie Polis/Afdeling nie.
Motors en pomptoerusting
Die Maatskappy sal betaal vir die vervanging, of herstel van, verlies van, of skade aan vaste filtreringsaanlegte, waterpompmasjinerie, elektroniese hekmotors of motorhuismotors of diefalarmstelsels weens ʼn versekerde gevaar;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om meer as R10 000 (tien duisend rand) vir enige een gebeurtenis of R50 000 (vyftig duisend rand) gedurende enige een versekeringstydperk te betaal nie;
2. die Versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir elke eis;
3. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om die volgende te vergoed nie:
3.1 outomatiese swembadskoonmakers;
3.2 verlies of skade as gevolg van verweer en slytasie;
3.3 geleidelike agteruitgang;
3.4 onafskeidelik en verborge euwels;
3.5 enige verlies of skade verhaalbaar onder waarborg.
Spoorweg en ander subrogasie
Die Versekerde word nie benadeel nie deur die ondertekening van “Transnet se besteldiensvrywaring” 1952, insake gevaarlike persele of ander spesiale ooreenkomste met die Transnet-administrasie betreffende private sylyne of soortgelyke ooreenkomste met ander staatsliggame.
Tuinuitleg
Die Maatskappy sal tot en met R10 000 (tien duisend rand) betaal vir kostes wat redelikerwys en noodsaaklikerwys aangegaan word deur die Versekerde vir die vervanging van bome, struike, grasperke, plante en vaste besproeiingstelsels geleë op die gronde van die versekerde geboue soos vermeld in die Skedule.
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Sodanige verlies of skade veroorsaak is deur:
1. brand, ontploffing of as gevolg van brandbestrydingsoperasies;
2. enige ander nooddiensoperasie;
3. impak van voertuie of lugvaartuie en ander lugtoestelle;
4. enige opsetlike of kwaadwillige handeling;
5. maar uitsluitend diefstal of poging tot diefstal.
Tydelike herstelwerk en maatreëls na verlies
Dié versekering onder hierdie Afdeling is uitgebrei om alle kostes en/of uitgawes in te sluit wat redelikerwys aangegaan is deur die Versekerde om sodanige tydelike herstelwerk uit te voer en/of sodanige tydelike maatreëls te tref as wat redelikerwys noodsaaklik mag wees na die verlies of skade aan eiendom as gevolg van ʼn Omskrewe Gebeurtenis;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy vir sodanige verlies of skade en kostes en uitgawes nie R50 000 (vyftig duisend rand) in geheel sal oorskry nie.
Tydelike verwydering
Behalwe in die mate waarin dit andersins verseker is, word die versekerde eiendom verseker terwyl dit tydelik na ʼn ander plek verskuif word op die perseel wat in die Skedule vermeld word, of na enige ander perseel insluitende transito per pad, spoor of binnelandse waterweg op enige plek binne die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho, Eswatini (voormalige Swaziland), Zimbabwe, Zambië, Mosambiek en Malawi;
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 49



































































   49   50   51   52   53