Page 53 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 53

 Geboue Omvattend
 2. sodanige koste onderhewig is aan die Maatskappy se voorafgaande skriftelike toestemming;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke gebeurtenis.
Vrekte van perde
Hierdie Afdeling is uitgebrei om die Versekerde skadeloos te stel ten opsigte van die vrekte van perde wat uitsluitlik vir die doel van gastehuisaktiwiteite aangewend word weens brand en weerlig alleenlik tot ʼn maksimum bedrag van R5 000 (vyf duisend rand) vir enige enkele gebeurtenis.
Waterlekke/Verlies van water
Die Maatskappy sal die Versekerde skadeloosstel vir die koste van waterverlies weens lekke uit pype in enige gebou, eenheid of op gemeenskaplike eiendom en waarvoor die Versekerde verantwoordelik is om te betaal;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
1. die Maatskappy die Versekerde slegs sal skadeloosstel vir die koste van bykomende waterverbruik in die geval waar die kwartaallikse watermeterlesing van waterverbruik die gemiddelde waterlesings met 50% (vyftig persent) of meer oorskry;
2. die skadeloosstellingsperk ten opsigte van die koste van waterverlies nie R15 000 (vyftien duisend rand) per gebeurtenis of R50 000 (vyftig duisend rand) gedurende enige een versekeringstydperk oorskry nie;
3. dis ʼn voorvereiste vir aanspreeklikheid kragtens hierdie Uitbreiding dat, sodra ʼn lek ontdek word (deur fisiese bewys of na ontvangs van ʼn buitengewone hoë waterrekening) die Versekerde onmiddellike sal optree om die lekkasie te identifiseer en die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype te herstel;
4. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die identifisering van waterlekke op die perseel tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
5. Bykomend sal die Maatskappy betaal vir die koste vir die volmaak van ʼn swembad of dammetjies na instandhouding of herstelwerk tot en met R5 000 (vyf duisend rand) per gebeurtenis of R10 000 (tien duisend rand) gedurende een versekeringstydperk;
6. die Maatskappy sal nie aanspreeklik wees om te betaal nie vir:
6.1 vir die koste van regstelling insluitende herstelwerk aan die betrokke apparaat/apparate of pyp/pype;
6.2 vir verliese as gevolg van:
6.2.1 lekkende krane, warmwatertoestelle, toiletstelsels, swembaddens of enige ander watertenk;
6.2.2 enige opsetlike verhandeling van die Versekerde;
6.2.3 krane of andersins krane wat oopgelos is na gebruik;
6.2.4 enige eenheid wat vir meer as 30 (dertig) aaneenlopende dae onbewoon gelaat is.
7. Die versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste 10% (tien persent) van die eis, met ʼn minimum bedrag van R500 (vyf honderd rand) vir ieder en elke gebeurtenis.
OPSIONELE KLOUSULES EN UITBREIDINGS (indien van toepassing soos aangedui in die Skedule)
Diefstal van eksterne los en vaste toebehore
1. Omskrewe Gebeurtenis 9 ingevolge Onderafdeling A word uitgebrei om diefstal in te sluit van eksterne los en vaste toebehore van enige versekerde gebou(e) by die perseel soos vermeld in die Skedule, gepaardgaande met sigbare tekens van kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige perseel of enige poging daartoe, of as gevolg van diefstal of enige poging daartoe na aanleiding van geweld of dreigement van geweld.
2. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R750 (sewe honderd en vyftig rand) vir ieder en elke eis.
Eweredigheid uitbreiding: Dag-een-basis (nie-aanpasbaar – slegs van toepassing op geboue en masjinerie)
Die items waarop hierdie Uitbreiding van toepassing is en hul verklaarde waarde, word vermeld in die Skedule.
1. Die Versekerde gegewe in skrif die verklaarde waarde ingesluit in elke item, waarop die hierdie Uitbreiding van toepassing is, en die premie dienooreenkomstig bereken is.
 Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 51






































































   51   52   53   54   55