Page 55 - Landbou Binding Polisbewoording
P. 55
Geboue Omvattend
MET DIEN VERSTANDE DAT:
die aanspreeklikheid van die Maatskappy beperk is tot hoogstens R10 000 (tien duisend rand) ten opsigte van enige enkel gebeurtenis;
4. Verlies of skade aan die voorraad van enige verkoelings- en/of vrieseenhede by die perseel deur verslegting of verrotting weens:
4.1 ʼn verandering in temperatuur te wyte aan:
4.1.1 Onderbreking van die eenheid of onklaarraking (van enige onafskeidelike oorsaak), van enige termostatiese toestel wat die toerusting beheer, of versuim van die bedrading van die hoofskakelaar na aanvullende skakelaars of kragpunte en tussen aanvullende skakelaars of kragpunte en die aandrywingsmotor, met insluiting van die versuim van kragpunte en skakelaars;
4.1.2 versuim van die openbare toevoer van elektrisiteit en/of gas by die eindterminale van die verskaffingsowerheid se toevoertoestelle tot die perseel;
4.1.3 die foutiewe instelling van enige termostatiese toestel, insluitend die toevallige afskakeling van die toevoer wat die toerusting beheer;
4.2 die werking van verkoelingsdampe wat uit die eenheid ontsnap; MET DIEN VERSTANDE DAT:
hierdie Uitbreiding nie die onderstaande insluit nie:
1. verlies of skade veroorsaak deur die doelbewuste optrede van die verskaffingsowerheid of deur die uitoefening van enige verskaffingsowerheid se mag om die verskaffing van elektrisiteit en/of gas te weerhou of te beperk;
2. meer as R25 000 (vyf en twintig duisend rand) ten opsigte van enige enkele gebeurtenis of voorval;
3. die Versekerde verantwoordelik is vir die eerste bedrag betaalbaar van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis weens die gevare soos omskryf in 4.1 en 4.2 hierbo;
5. Omskrewe Gebeurtenis 9 met betrekking tot Diefstal is gewysig om as volg te lees:
“Diefstal (of enige poging daartoe) wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou(e) of as gevolg van diefstal of enige poging daartoe wat volg op geweld of dreigement van geweld. Indien enige versekerde gebou of gebou(e) wat die versekerde eiendom bevat, vir 30 (dertig) opeenvolgende dae onbeset gelaat word, word die versekering ingevolge hierdie item opgeskort ten opsigte van die geraakte eiendom, tensy die Versekerde voor die plaasvind van enige sodanige skade die skriftelike toestemming van die Maatskappy bekom vir die voortsetting van hierdie Uitbreiding. Gedurende die aanvanklike tydperk van 30 (dertig) opeenvolgende dae van onbeset staan, word die Versekerde as ʼn medeversekeraar geag saam met die Maatskappy en sal die Versekerde verantwoordelik wees vir ʼn eweredige deel van enige skade gelykstaande aan 20% (twintig persent) van die eis voor die aftrekking van enige eerste bedrag betaalbaar. Die Maatskappy se aanspreeklikheid is beperk tot 25% (vyf en twintig persent) van die Versekerde Bedrag en die Versekerde is verantwoordelik vir die eerste 10% (tien persent) van die eis met ʼn minimum bedrag van R1 000 (een duisend rand) vir ieder en elke eis wat hieringevolge erken word”.
Insakking en grondverskuiwing (uitgebreide dekking)
1. Hierdie Afdeling word uitgebrei om verlies van of skade aan die versekerde eiendom in te sluit wat veroorsaak is deur insakking of verskuiwing van die grond wat vermelde versekerde eiendom stut en/of ondersteun, of die heffing daarvan;
MET DIEN VERSTANDE DAT:
Sodanige verlies of skade nie veroorsaak is deur of voortspruit uit die volgende nie:
1. normale vassakking, inkrimping of uitsetting van die grond wat die versekerde eiendom stut en/of ondersteun;
2. verbouings, aanbouings of herstelwerk aan die versekerde eiendom;
Landbou Bewoording – Binding – Weergawe 1 2022 Bladsy | 53